Kliptradisie

Die baadjie- en kliptradisie
sedert 2014

Die klippe in die voortuin van die skool is vir jare ‘n bekende baken en bymekaarkomplek vir leerders.

Om verdere kleur aan die klippe te koppel is daar in 2013 deur die skoolhoof, mnr. F.J. Lötz, voorgestel dat ‘n tradisie begin word rondom die klippe om die begin en afsluiting van ‘n leerder se skoolloopbaan by Nico Malan te simboliseer. Hy en mnr R. Olivier het die tradisie verfyn en afgeskop in 2014.

Die klippe simboliseer die uitdagings in die lewe wat oorkom word. Die laaste oorklim oor die groot klip simboliseer dat die uitdagings van die skooljare oorwin is en dat Hoërskool Nico Malan die grondslag vir jou lewensreis gelê het.

Die Here is ons rots:

  • skuilplek
  • beskerming
  • fondasie
  • redding
Kliptradisie
Kliptradisie

Die graad 8’s se bekendstellingsfase word afgesluit met die baadjie- en kliptradisie.  Graad 8’s kry die kans om hulle “Pikkie-groet” ‘n laaste keer voor die skool te doen.  Daarna stap hulle met hul baadjies oor hul linkerarms oor die kleiner klip in die voortuin. Die skoolhoof verwelkom hul daarna as amptelike Nico Malanners. Elke graad 8 in die skool ontvang ‘n waardeklip met die skool se waardes en die Bybelvers,

2 Samuel 22:2, op:
“Die Here is my rots, my skuilplek en my redder.”
“The Lord is my rock and my strong fortress”

Die graad 8’s stap dan na “Pikkewyn, en groet Pikkewyn ‘n laaste keer met die Pikkiegroet. Die Uitvoerende Komitee trek dan die graad 8’s se baadjies vir hul aan.

Die hoofleiers se ligblou baadjies word ook amptelik aan hulle oorhandig aan die begin van die seremonie.

Kliptradisie

Tydens die matrieks se laaste skooldag word daar van hulle afskeid geneem deur hulle oor die groot klip in die voortuin te laat klim. Die skoolhoof groet hulle aan die anderkant en hulle kry die geleentheid om hulle waardeklip wat hulle in graad 8 ontvang het in die NM 60 te plaas as afsluiting van hulle skoolloopbaan.

“NICO MALAN – DIE GRONDSLAG VIR JOU LEWENSREIS”