Debat bied aan leerders die geleentheid om in spanverband ’n saak vanuit opponerende oogpunte te beredeneer en te verdedig. By Hoërskool Nico Malan word leerders ondersteun om hierdie vaardigheid te ontwikkel deur beide voorbereide en onvoorbereide debatte.
Nico Malan skryf jaarliks verskeie spanne in vir die junior- en seniorafdeling van die ATKV-debatkompetisie. Die skool het reeds verskeie spanne opgelewer wat op nasionale vlak presteer het.
Daarbenewens neem Nico Malan ook deel aan die Solidariteit Dink-of-Sink debatkompetisie, ’n onvoorbereide debatkompetisie wat jaarliks gedurende die tweede kwartaal in Gqeberha plaasvind.
Een van die belangrikste vaardighede in die lewe is om nie net jou standpunt te kan stel nie, maar om dit ook effektief te kan verdedig. Deelname aan redenaars bied aan leerders die geleentheid om selfvertroue, kommunikasievaardighede en kritiese denke te ontwikkel.
Hoërskool Nico Malan neem jaarliks aan die ATKV Redenaarskompetisie deel en tree ook as gasheerskool vir die Oos-Kaapstreekskompetisie op. Elke jaar dring verskeie van ons leerders deur na die volgende rondes van hierdie strawwe, en hoog aangeskrewe, kompetisie.
Verder neem ons leerders ook deel aan ander aanlynkompetisies, soos Radikale Redenaars, waar verskeie leerders tot die landsfinaal deurdring.
Die Nico Malan Skoolkoor groei van krag, tot krag en is een van die hoogtepunte op ons kulturele kalender. Die koor wat jaarliks uit ongeveer 60 tot 90 lede bestaan en bied aan leerders die geleentheid om hul musikale talente verder te ontwikkel.
Die skoolkoor neem jaarliks aan ATKV Applous, asook ander plaaslike kunswedstryde en -feeste deel.
Hoërskool Nico Malan learners participate in a variety of English quizzes throughout the year, promoting general knowledge, literacy, and critical thinking skills.
This is a fairly new quiz, usually hosted online, and is aimed at learners in Grades 10 to 12. The finals take place in October, where various trophies and prizes are awarded.
This quiz is aimed at Grade 11 learners. Only four learners per school may participate.
The quiz is hosted in person at the Nelson Mandela Bay Varsity College campus. The winner of the final round in the Eastern Cape proceeds to represent the province at the national competition.
This competition is based on The Herald newspapers delivered to schools over a period of approximately six weeks (usually between April and May).
The quiz encourages teams to demonstrate strong literacy skills, competitive spirit, and critical thinking. Questions are based on daily news content featured in the newspaper.






Hoërskool Nico Malan bied verskeie geleenthede vir leerders om hul drama- en toneelvaardighede te ontwikkel. Die primêre fokus van toneelspel by ons skool bly die jaarlikse toneelproduksies wat vir die ATKV-Tienertoneelkompetisie ingeskryf word.
Die Oos-Kaap Streeksfees vind jaarliks in Augustus plaas en word deur professionele akteurs beoordeel. Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is een van die land se mees gevestigde toneelkompetisies, met volgehoue hoë standaarde, en bied aan ons leerders die geleentheid om teen die beste jong akteurs in Suid-Afrika mee te ding.
Ter voorbereiding vir die kompetisie word die skool se toneelstukke ook jaarliks in die weke voor die streeksfees by die skool opgevoer.







IniKollig is Hoërskool Nico Malan se eie kunste- en kultuurfees in die kleine — deur die leerders, vir die leerders.
Hierdie fees bied aan leerders die geleentheid om hul talente ten toon te stel en verder te ontwikkel binne ’n verskeidenheid uitvoerende en visuele kunsvorme. IniKollig bly jaarliks ’n hoogtepunt aan die einde van die eerste kwartaal en skep ’n platform waar leerders hulself holisties kan ontwikkel en nuwe talente kan ontdek.