Tennis

Doelwit: Om aan twee tipes kinders genot te verseker deur 'n plan te hê, sodat hulle volgens hulle potensiaal verbeter. Die eerste tipe kind speel tennis slegs vir genot, terwyl die tweede tipe kind wil presteer.

Die plan vir die kind wat slegs tennis vir genot speel.

Die doel is om hierdie kind te kry tot op die vlak van spel waar hy/sy as lid van 'n klub aanvaar word. Die kind moet in staat gestel word om na skool 'n getroue tennisklublid te word. Die leerders sal afrigting kry by Mnr Conradie op 'n Woensdag. Hulle sal ook liga wedstryde speel op 'n Dinsdag (dogters) en op 'n Donderdag ( seuns).

Die tweede groep kinders wie se behoeftes die skool wil aanspreek, is die kind wat wil presteer deur bv. 'n lid van die eerste span te wees,

'n Professionele afrigter naamlik mnr Ronnie Petersen saam met Mnr R Conradie sal die leerders afrig op 'n Maandag. Hulle sal ook op 'n Woensdag oefen indien hulle nie by ander sporte betrokke is nie.

Ons het 4 seuns- en 4 dogterspanne ingeskruf in die ligas.

'n Nuwe aksie is om kinders aan te moedig om aan Suid-Afrikaanse Tennisassosiasie [SATA] se vakansietoernooie in Port Elizabeth deel te neem deur die volgende te doen:
-Ouers gereeld per e-pos oor toernooie in te lig.
-Ouers aan te moedig om saamryklub vir elke ouderdomsgroep en geslag te stig.
-Moeite word gedoen om kinders aan te moedig om aan SATA-vakansietoernooie in Port Elizabeth deel te neem.

Die eerste seuns- en dogterspanne gaan aan 'n dubbelstennistoernooi deel neem in Bredasdorp vanaf 7 - 10 Maart.

Liga datums

Nico SEUNS/BOYS vs:
1B 1C 2B 2C
26/01 Wood. vs Nico Wood. vs Nico Nico vs HCS Nico vs Frams
2/02 Grey vs Nico Pear vs Nico Nico vs Desp Nico vs PS
9/02 Nico vs Brand Nico vs DP DF vs Nico Wood. vs Nico
16/02 Nico vs Wood Fram vs Nico Nico vs Alex McL vs Nico
23/02 Nico vs. Grey Nico vs. Grey DP vs Nico H/dorp vs Nico
1/03 Brand vs Nico

Nico DOGTERS/GIRLS vs:
1B 1D 2D 2A
24/01 Nico vs Link DF vs Nico T Herzl vs Nico Nico vs Wood
31/01 Nico vs Coll Brand vs Nico Brand vs Nico McL vs Nico
7/02 Brand vs Nico Nico vs Coll Nico vs Coll Nico bye
14/02 Link vs Nico Nico vs Kirk Nico vs Kirk H/dorp vs Nico
21/02 Coll vs Nico Nico vs Alex Nico vs Alex PS vs Nico
28/02 Nico vs Brand

Daagreëls Hoërskool Nico Malan
-Spelers kry een vry-daag indien hy nie aan die kampioenskap van die vorige jaar deelgeneem het nie. [Indien hy/sy verloor, skuif hy tot heel onderaan die leer of daar waar mnr. Conradie hom / haar sal plaas.] Gedurende 'n vry-daag mag hy /sy enige persoon daag.
-Spelers mag twee plekke bo hom daag.
-Indien 'n speler daag, moet hy/sy vir mev Olivier die getekende daagbriefie gee. Dit sal voorkom dat daar daag-ontwykings en/of -dispute voorkom.
-Die dager kontak die uitgedaagde.
-Die uitgedaagde kry een week om te speel [indien hy nie kan speel nie, verbeur hy die wedstryd]
-Die dager voorsien drie nuwe balle en die beste van drie valbylstelle word gespeel of een "pro-set". [Die persoon wat eerste 8 spelle kry, wen tydens 'n "pro-set"]
-Die wenner stel mev. Olivier [083 2257781] in kennis van die uitslag.
-Indien die dager wen, skuif hy in die uitgedaagde se plek in en al die ander onder hom skuif een plek af.
-L.W.: Spelers mag teruggedaag word na 3 weke [21 dae]
-Indien spelers siek is voor die daagwedstryd gespeel kan word, kan daagwedstryde in uitsonderlike gevalle [in oorlegpleging met mev Olivier] vir 'n kort tydperk uitgestel word.
-Indien spelers regtig sukkel om 'n wedstryd te speel of te voltooi [a.g.v. bv. reën] kan hulle wedstryd verkort word na 'n stel/ 9 potte [slegs indien mev. Olivier daarvan verwittig word en toestemming daartoe verleen].
-2012 se eerstekwartaal-sluitingsdatum vir daagwedstryde is 16 Maart [17:00]. Mev Olivier sal haar die reg voorbehou wie in uitsonderlike gevalle daagwedstryde mag speel gedurende die laaste week van die eerste kwartaal.


Organiseerder: P. Olivier

2012 Uitslae


Tennis 2010 | Tennis 2011