Rugby

Nico Malan het werklik vanjaar 'n baie goeie jaar op die rugbyveld beleef. Ons rugby gaan van krag tot krag en die spelers slaag daarin om uiters ondernemende en aanskoulike rugby te speel sonder om ons tradisionele harde voorspelerspel in te boet.

Die o/14-span verras vriend en vyand en verloor slegs teen Dale College, Daniel Pienaar en Despatch. Hulle speel goeie rugby en het baie gou onder leiding van mnr. Hein Vermeulen 'n hegte eenheid gevorm.

Ons onder o/15-span bou voort op hulle prestasies van die vorige jaar en verloor slegs teen Framesby. Hierdie skitterende uitslae het ons laat besluit om die span volgende jaar in die o/16-liga te laat deelneem ten einde kontinuïteit te behou. Geluk aan mnr. Riaan Olivier en sy span.

Ons senior rugby was ook geen uitsondering nie. Al die spanne speel goeie, harde rugby. Die tweede span verloor slegs teen Brandwag. Baie geluk aan mnr. Albie Loubser en sy span.

Die eerste rugbyspan het 'n baie goeie seisoen beleef met verskeie hoogtepunte. In die eerste wedstryd van die jaar klop ons Queens College van Queenstown. By die Grey Paastoernooi verloor ons met drie punte teen Michaelhouse en Middelburg (Mpumalanga) onderskeidelik en speel gelykop teen Graeme College.

Wat die liga betref, klop ons Brandwag, wen interskole en verloor slegs teen Daniel Pienaar en Framesby. Alhoewel ons teen Framesby verloor het, sal die eerste FNB Classic Clashes ongetwyfeld as 'n hoogtepunt op ons kalender uitstaan. Dit is 'n vier jaar ooreenkoms met FNB en ons speel dus volgende jaar by Framesby.

Verskeie van ons spelers lewer deur die jaar ook briljante prestasies. Edward van der Westhuizen en Kayle van Zyl word vir die O.P. Cravenweekspan gekies, terwyl Louis de Jager vir die O.P. Akademiespan uitdraf. Ruan Scheepers haal die O.P. o/16-span. Baie geluk aan al die spelers en in besonder aan Kayle, wat 'n beurs vir drie jaar by Hartpury College in Engeland gekry het, en Edward, 'n beurs by die Rugby Performance Centre in Kaapstad.

Graag wil ons dan ook aan al ons borge van al die spanne baie dankie sê vir hulle ondersteuning. 'n Spesiale woord van dank aan Labacor, by name mnr. Francois van Wyk en sy vrou, Gillian van Wyk, wat as hoofborge van die eerste rugbyspan opgetree het.

Baie dankie aan al die spelers en afrigters sonder wie se toewyding en entoesiasme so 'n seisoen nie moontlik sou wees nie.

Laastens ons dank aan ons Hemelse Vader vir sy hand van bewaring deur die jaar.

Organiseerder: G.B. Pienaar

2010 Uitslae

Nico Malan VS Barnard Castle School

Barnard Castle School het Woensdag, 28 Julie 2010, hier gespeel. Hulle is geleë in County Durham, Engeland.

1ste wen 30 - 22
o/16 A verloor 14 - 7


Joubert Maarschalk met die bal. Marnus Markram en Heynrich du Toit

Fotos geneem deur John Wait


Nico Malan VS Andrew Rabie

1ste wen 59 - 0
o/15 A wen 47 - 5
o/14 A wen 57 - 0

Heynrich du Toit met die bal en van links word hy ondersteun deur Hendri Wait, Jaco Beukes, Jacques Morgan en Ian Groenewald



Swartland Toernooi

vs Tygerberg VERLOOR 53 - 17
vs Bishops VERLOOR 33 - 10


Cambridge Sports Festival

vs Stirling WEN 13 - 6
vs Fairmont WEN 17 - 7


Jacques Morgan met die bal. Hendri Wait en Rino Diedericks ondersteun hom.


NICO MALAN vs OTTO DU PLESSIS

1ste WEN 29 - 13
2de VERLOOR 29 - 6
3de WEN 11 - 0
o/16 A WEN 77 - 0
o/15 A WEN 36 - 10
o/15 B GELYK 18 - 18
o/14 A WEN 55 - 0
o/14 B WEN 49 - 0


Heynrich du Toit met die bal. Ruan Scheepers en Rosseau Prinsloo ondersteun hom.


NICO MALAN vs FRAMESBY
FNB CLASSIC CLASHES


1ste verloor 22 - 18
2de verloor 17 - 6
3de verloor 3 - 0
4de verloor 24 - 5
o/16A verloor 32 - 5
o/16B verloor 19 - 17
o/15A wen 17 - 7
o/15B verloor 18 - 5
o/14A wen 12 - 10
o/14B wen 50 - 7

EERSTE SPAN
Drieë deur Rosseau Prinsloo, Selvyn Davids
Strafskoppe deur Ruan Scheepers (x2)
Doelskoppe deur Ruan Scheepers (x1)
Uitblinkers: Rosseau Prinsloo en Heynrich du Toit



Hoërskool Nico Malan VS Hoër Tegniese Skool Newton 11 Mei

1ste span WEN 48 - 10
2de span WEN 6 - 3
3de span WEN 27 - 11
o/15 A WEN 22 - 0
o/14 A WEN 54 - 0

Rustydtelling 36 - 0

Drieë deur Nico Malan:
(nr 9) Joubert Maarschalk
(nr 11) Selwyn Davids
(nr 15) Anton Coetzee
(nr 7) Heynrich du Toit x 2
(nr 6) Christiaan Nieman
(nr 13) Rosseau Prinsloo

Strafskop deur Ruan Scheepers (nr 12) van Nico Malan en 5 doelskoppe.

Drieë deur Newton:
(nr 14) Andile Witbooi
(nr 15) Lorenzo Baadjies

Ian Groenwald van Nico Malan met die bal. Jacques Morgan, Brenden Olivier en Hendri Wait ondersteun hom.

Foto geneem deur John Wait



Hoërskool Nico Malan VS Hoërskool Despatch (8 Mei)

1ste span VERLOOR 13 - 11 2de span VERLOOR 10 - 5
3de span WEN 20 - 6
o/16 A VERLOOR 5 - 3
o/15 A VERLOOR 17 - 12
o/15 B VERLOOR 31 - 19
o/14 A WEN 19 - 0
o/14 B WEN 34 - 0


Merlin Petersen van Nico Malan in aksie, terwyl mnr. Gerrit Pienaar (afrigter) sake van langs die veld af dophou.


Nico Malan vs Pw Botha (1 Mei)

1ste WEN 20 - 3
2de VERLOOR 27 - 20
o/16A WEN 45 - 10
o/15A WEN 43 - 3
o/14A WEN 58 - 0


vs Daniel Pienaar (17 April)

1ste WEN 30 - 16
2de WEN 17 - 8
3de VERLOOR 17 - 5
4de VERLOOR 24 - 3
o/16 A VERLOOR 17 - 3
o/16 B WEN 14 - 13
o/15 A WEN 12 - 7
o/15 B GELYKOP 12 - 12
o/14 A WEN 17 - 12
o/14 B VERLOOR 12 - 10


Kearsney-toernooi

Ons eerste rugbyspan het aan die jaarlikse Kearsney-toernooi deelgeneem. Slegs 10 skole in die land neem op uitnodiging deel. 7 van vanjaar se spanne was verlede jaar onder die top 20 skole in die land, waarvan 4 ander die top 7 was. Vir die spelers van Nico Malan was dit 'n wonderlike geleentheid om teen dié skole te speel.

In ons eerste wedstryd verloor ons teen Selborne 26 - 13 maar is met 10 minute oor 20 - 13 agter. In ons volgende wedstryd verloor ons vêr teen EG Jansen. (no 3 in Suid Afrika). In die wedstryd verloor ons 5 sleutelspelers met beserings. In die derde wedstryd klop ons Upington 20 - 3 met 'n goeie tweede helfte.

Verskeie spelers speel uitstekend en is deur die Sharks akademie raakgesien. Hulle is: Brenden Olivier, Ian Groenewald, Rosseau Prinsloo, Ruan Scheepers en Heynrich du Toit. Brenden ontvang egter 'n drie jaar kontrak by die Sharks en word as voorspeler van die toernooi aangewys. Ons is werklik trots op hom.

Bietjie meer oor Brenden:

2008 o/16 Grant Khomo gespeel - Loskopstut vir die OP-span; 2009 gekies vir die @lantic Sevens toernooi

Speel eerstespan vir Nico Malan vanaf graad 10 (2008, 2009 en 2010) as Loskopstut. Brenden word soms ingespan as Agsteman.

o/15 Rugbyspan neem aan die Grey Festival deel gedurende die vakansie en die uitslae is soos volg:
Nico Malan vs Grey VERLOOR 22 - 11
Nico Malan vs Muir WEN 44 - 0

Op die foto van links: Mnr. Gerrit Pienaar (afrigter: eerste rugbyspan), Brenden Olivier en mnr. Pieter Potgieter (skoolhoof)



20 Maart

Die o/16 A en B spanne het 20 Maart op Rietbron in die Karoo gaan rugby speel. Die B-span het teen HS Cradock gespeel en 17-12 verloor.

The A-team played against Langenhoven Gymnasium from Oudtshoorn and won 17-13. Well done guys!

Op 20 Maart het die o/14A, o/15A en die 1ste spanne by Graeme College in Grahamstad gaan speel.

u/14 vs Queens College won 37-7
u/15 vs Graeme College lost 10-17
1st team vs Hudson Park lost 14-15
Uitblinkers was Marnus Markram, Merlin Petersen en Ian Groenewald.


Sportdag by Gill

Saterdag 13 Maart het Nico Malan se o/15A, o/16A en 1ste span deelgeneem aan Gill se sportdag. Die o/15A wen 39-0 en die o/16A verloor 10-0 teen Gill se 2de span.

The 1st team took on Cradock and won 15-10. After trailing 10-0, the team fought back with 2 tries, a conversion and a penalty. Tries scored by Joubert Maarschalk and Brenden Olivier. Ruan Scheepers het gesorg vir die doelskop en strafskop.

Well done boys!


1ste span vs PW Botha

Ons 1ste rugbyspan het Saterdag teen PW Botha van George gespeel. In 'n klipharde wedstryd slaag ons daarin om 22-15 te wen.

Tries were scored by the following players: Rosseau Prinsloo, Ruan Scheepers and Anton Coetzee. Well done guys and good luck with the rest of the season!

Week Events
26 Julie Bloedskenk Skoolsaal
Huis Meiring Glansaand (18:30) Kultuursentrum
 
27 Julie Landloop: Liga 5 Pellsrus
Rugby en Hokkie: Barnards' Castle (Engeland) Nico Malan
 
28 Julie Musical Trivia (18:30) Skoolsaal
 
29 Julie Sokkie (Matriekafskeid) Skoolsaal
 
30 Julie - 1 Aug Netbal: Nasionale kampioenskap Johannesburg
 
31 Julie Landloopliga Sondagsrivier
Landloop: Kouga-kampioenskap Nico Malan
Rugby, Hokkie en Netbal: Brandwag Brandwag
 
Cick here for the Code of Conduct, Admission Application 2010 and Subject Choices 2010 PDF documents.
For all the previous news, check the relevant tabs.
Latest update:
News Tab: News