2009 - Weereens 'n jaar vol suksesse en hoogtepunte!
Nico Malan se twaalf netbalspanne het almal goed gevaar in die seisoen. Die hoogtepunte was toe omtrent al die interskole-wedstryde gewen is. Dankie aan al die dogters en hulle afrigters vir hulle lojaliteit en toewyding.
Vir die eerste span skop die seisoen reeds vroeg in Februarie af en teen middel Maart moes hulle alreeds hulle staal teen ander spanne begin wys. Hulle wen tydens Gill en Despatch se Sportfeeste onderskeidelik al 12 hulle wedstryde. Tydens die April-vakansie neem hulle deel aan die Top Netbaltoernooi vir o/19's en eindig sewende uit 20 skole. Ten spyte van twee beserings wys dié span karakter. Hulle speel altesaam 44 wedstryde waarvan hulle slegs 14 verloor en 1 gelykop speel.
Hoogtepunte tydens die seisoen:
- Wen die eerste FNB Classic Clashes teen Framesby in 'n spannende wedstryd 17 - 16.
- Neem deel aan die o/19 Nasionale Netbalfees vir die Top o/19-skole in die land, maar die toernooi word ontwrig deur gure weer met geen finale uitslag nie.
- Wen interskole teen D.F. Malherbe 28 - 10.
Aan die speelsters wil mej. Nel dankie sê vir hulle harde werk, die toewyding en karakter wat hulle regdeur die seisoen gewys het. Dankie ook aan die ouers en die Nico Malanners vir hulle getroue ondersteuning en belangstelling deur die seisoen.
Baie geluk aan die volgende 12 speelsters wat die Oos-Kaap verteenwoordig het: Tenicke Bezuidenhout, Nicola Botha en Natasha van Wyk (o/14); Tanri Strydom (o/15); Lize du Plessis (o/16); Susan du Plessis, Muki Gumede, Lwanda Ketse, Sharoné Lewis en Gabi Tidbury (o/17); Sabina Michau en Careshia Steenkamp (o/19).
Ons wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om al ons borge wat by een of ander span betrokke was, te bedank vir hulle finansiële hulp en betrokkenheid - dit word opreg waardeer.
Organiseerder: S.P. Nortjé
2010 Uitslae
|
Nico Malan VS Andrew Rabie
o/19 B wen 31 - 15 o/19 C wen 22 - 4 o/16 A wen 26 - 1 o/16 B wen 30 - 4 o/14 A wen 33 - 6 o/14 B wen 29 - 1 |
|
Cambridge Sports Festival vs Grens VERLOOR 17 - 13 vs Fairmont VERLOOR 16 - 15 vs Alxander Road WEN 11 - 6 vs Stirling WEN 27 - 1 vs Port Rex WEN 21 - 2 vs Westering WEN 26 - 6 vs Cambridge WEN 27 - 16 vs Hudson Park WEN 20 - 13 |
|
NICO MALAN vs OTTO DU PLESSIS
o/19 A WEN 38 - 5 o/19 B WEN 27 - 6 o/19 C WEN 32 - 0 o/16 A WEN 15 - 6 o/16 B WEN 16 -11 o/16 C GELYK 14 - 14 o/14 A WEN 17 - 9 o/14 B WEN 18 - 5 o/14 C WEN 17 - 2 o/14 D WEN 8 - 6
Lize du Plessis van Nico Malan in aksie. |
|
NICO MALAN vs FRAMESBY FNB CLASSIC CLASHES o/19A verloor 20 - 19 o/19B verloor 17 - 15 o/19C verloor 14 - 13 o/19D wen 12 - 10 0/19E verloor 7 - 4 o/16A verloor 22 - 12 o/16B verloor 21 - 7 o/16C verloor 17 - 16 o/16D verloor 38 - 10 o/14A wen 19 - 16 o/14B verloor 15 - 4 o/14C wen 18 - 12 o/14D verloor 12 - 2 |
|
Hoërskool Nico Malan VS Hoërskool Despatch (8 Mei)
o/19 A WEN 28 - 12 o/19 B WEN 17 - 9 o/19 C WEN 16 - 6 o/16 A WEN 14 - 10 o/16 B WEN 13 - 7 o/16 C VERLOOR 14 - 15 o/14 A WEN 25 - 3 o/14 B WEN 20 - 9
|
|
Netbal Oos-Kaap kleure Onlangs het ons netbalspelers aan die finale Oos-Kaap proewe gaan deelneem. 12 van ons dogters is in die verskeie spanne opgeneem en verwerf hiermee Oos-Kaap kleure. Tenicke Bezuidenhout (o/15), Gabi Tidbury (o/19), Muki Gumede (o/19), Susan du Plessis (o/19), Marzanne Viljoen (o/15) Tanri Strydom (o/16), Carla Oliphant (o/16), Nicola Botha (o/15), Lwanda Ketse (o/19) Natasha van Wyk (o/15), Kaylynn Felix (o/14), Mieke Potgieter (o/14)
|
|
Top Netbaltoernooi te George Nico Malan se eerste netbalspan het van 3 - 7 April aan die Top Netbaltoernooi te George deelgeneem. Die blootstelling en ondervinding is van onskatbare waarde vir die jong span, wat hulle uitstekend van hulle taak gekwyt het. Die span het baie geleer en sterk geëindig. Ons speel 11 wedstryde en wen 5. Ons eindig 13de uit 18 skole. |
|
Nico Malan vs Pw Botha (1 May) o/19C teen P.W. Botha se 1ste span WEN 33 - 4 o/16B VERLOOR 17 - 16 |
|
Top Netbaltoernooi te George Nico Malan se eerste netbalspan het van 3 - 7 April aan die Top Netbaltoernooi te George deelgeneem. Die blootstelling en ondervinding is van onskatbare waarde vir die jong span, wat hulle uitstekend van hulle taak gekwyt het. Die span het baie geleer en sterk geëindig. Ons speel 11 wedstryde en wen 5. Ons eindig 13de uit 18 skole. |
|
Despatch Sportfees Ons 1ste span het Vrydag 19 Maart na Despatch vertrek en daar aan die Despatch Sportfees gaan deelneem. Hulle speel 6 wedstryde waarvan hulle 5 wen en slegs 1 verloor. Die uitslae lyk soos volg: vs Knysna won 5-0 vs Cradock won 13-0 vs Grens lost 6-10 vs Kirkwood won 10-0 vs Oudtshoorn won 8-3 vs Hangklip won 4-3 Baie geluk aan hierdie netbalspan! |
|
Sportdag by Gill College Op 13 Maart het ons 1ste netbalspan hulle seisoen afgeskop by Gill College se sportdag. Hulle speel 5 wedstryde en wen al 5. Die uitslae lyk soos volg: vs Volkskool 9-3 vs Winterberg 16-1 vs D.F 12-1 vs Gill 13-2 vs Adelaide 11-2 Congratulations girls! |
