Landloop

Ons het ongeveer 12 entoesiaste atlete wat vanjaar deelneem. Ons werk baie hard gedurende die tweede en derde kwartale. Die atlete moet elke dag van die week oefen. Dit verg baie uithouvermoë. D0/14, 15 en S0/14, 15 hardloop almal 4 km. D0/16, 17 hardloop 5 km en S0/16,17 hardloop almal 6 km. Ons het 6 ligas waaraan die atlete moet deelneem, asook die OP-kampioenskappe en Cacadu-kampioenskappe.

Ons bied elke jaar die Kouga-Cacadu kampioenskappe by Nico Malan aan. Ons jaarlikse Framesby-aflos het hierdie jaar by NM plaasgevind. Ons seunsspan het gewen en ons het 3 Meisiespanne gehad wat deelgeneem het, die meeste nog! 'n Span het bestaan uit 6 lede en elke lid het slegs 2 km gehardloop. Dit was groot prêt! Vir sommige meisies was dit 'n eerste keer!

Ons het ook elke jaar 'n afsluitingsfunksie. Ons beplan weer baadjies vir die toekoms sodra fondse beskikbaar is. Ons hou koekverkopings om ons fondse aan te vul en is afhanklik van borge.

Organiseerder: S. Verwey, W.H. Maré

2012 Uitslae


Krieket 2011