Die 2009-krieketseisoen is gekenmerk deur verskeie hoogtepunte.
Die seisoen het met 'n hoogtepunt begin deurdat drie leerders in die OP Plattelandse span opgeneem is, naamlik Tiaan Terblanche, Tiaan Harmse en Jaco Terblanche.
Tiaan Terblanche het die eerste span uitstekend gelei en het deurgaans goeie kolfwerk gelewer. Ander spelers wat goeie spel gelewer het, was Pietie Loubser, Tiaan Harmse, Ryno von Waltzleben en Eddie Nieuwoudt.
Die tweede span het goeie krieket gespeel. Spanne met wie hulle afgereken het, was D.F. Malherbe en Westering. Lambert van Eeden en Kayle van Zyl se goeie vertonings verdien vermelding.
Die o/15-span het uitstekende krieket gespeel. Spelers wat goeie spel gelewer het, was Gerhard Engelbrecht, Wian Pienaar en Tom Darling.
Die o/14-span het 'n goeie seisoen gehad. Daar is potensiaal in hierdie span raakgesien en veral spelers soos Xylon Dragner, Petrus Meyer en Luan Nieuwoudt het uitgeblink. Agt van ons seuns was deel van die o/17-Winterprogram gedurende die derde kwartaal. Vyf van hulle is gekies vir die Kouga o/17-span wat aan die O.P. Plattelandse proewe gaan deelneem. Die seuns is Jaco Terblanche (kaptein), Xylon Dragner, Jaco Killian, Ryno von Waltzleben en Eddie Nieuwoudt.
Organiseerder: D. van As
2012 Uitslae
|
Nico Malan o/14 teen Grey o/14
Nico Malan kolf eerste en maak 145/6 in 20 boulbeurte. Peet Steenkamp maak 53 van 44 balle, Tian van Huyssteen maak 31 en Gerrit Pretorius maak 20 van 16 balle af. Grey kolf tweede en is almal uit vir 96. Tian van Huysteen vat 3 paaltjies vir 6 lopies in 4 beurte, Benjamin Loubser vat 3 paaltjies vir 17 van 4 boulbeurte en Andre Adendorff vat 3 vir 19 van 3 boulbeurte af. Nico Malan wen dus met 49 lopies. Voor (Van Links na regs) Tian van Huyssteen, Peet Steenkamp, Benjamin Loubser, Pierre Rossouw, Gerrit Pretorius, LP Pretorius |

