Hokkie

Hokkie gaan van krag tot krag in Nico Malan. Ons het ongeveer 160 dogters wat hokkie speel en spog met seker van die beste grasvelde in die provinsie.

2010 was 'n besonder goeie seisoen met baie hoogtepunte:

Die Eerstespan betree 'n nuwe terrein toe ons in April Bloemfontein toe reis om aan die Elsie Coetzer Hokkieskool se toernooi te gaan deelneem. By die toernooi klop ons die spanne van Bryanston (Johannesburg) en Swartkop (Pretoria), speel gelykop teen Oranje Meisieskool (Bloemfontein) en verloor teen Dundee (Natal) en Waterkloof (Pretoria).

Die Eerstespan het 10 ligawedstryde gespeel waarvan hulle 7 gewen en 3 gelykop gespeel et. Die span teken 62 doele aan met slegs 16 teen hulle. Helene Slabbert (17 doele) en Leta Meyer (18 doele) teken die meeste aan terwyl Stephanie de Jager 5 doele in een wedstryd aanteken.

Die seisoen het ook 'n Internasionale geur gekry toe die skool in Augustus besoek word deur Barnard Castle van Engeland en Nico Malan wen die wedstryd 1-0.

Ons sluit af met die Interskole teen D.F. Malherbe en al Nico Malan se hokkiespanne behaal oorwinnings. Die eerstespan wen 'n baie spannende wedstryd met 2 doele teen 1 en die Interskoleskild staan vir die 16de jaar op Humansdorp.

Twee spelers, Cecile Meyer(O/16) en Leta Meyer(O/18) verteenwoordig Oostelike Provinsie by die onderskeie Interprovinsiale Toernooie.

Cecile Meyer word ook opgeneem in die SA O/16 Oefengroep en woon gedurende die Septembervakansie 'n hoë-intensiteit oefenkamp in Durban by.

Die 2011-seisoen het reeds afgeskop en beloof om weereens vol opwinding te wees.

Die Eerstespan het 'n toer na die D.F. Malankursus onderneem. Hulle speel 7 wedstryde waarvan hulle 4 wen, 2 gelykop speel en 1 verloor.

Wedstrydbepalings:

07 Mei 2011 Despatch - Humansdorp
14 Mei 2011 St Dominics - Humansdorp
21 Mei 2011 Framesby - Humansdorp
28 Mei 2011 Collegiate - Humansdorp
04 Jun 2011 Riebeeck College - Uitenhage
23 Jul 2011 Mosselbaai Punt - Humansdorp
30 Jul 2011 Harvest Christian - Port Elizabeth
13 Aug 2011 Die Brandwag - Humansdorp
20 Aug 2011 D.F. Malherbe - Port Elizabeth

Baie dankie aan:
* mnr. Latsky en die Humansdorp Vervoerdienste;
* elke afrigter en speler vir hulle entoesiasme en lojaliteit;
* al die borge vir hulle finansiële ondersteuning;
* die ouers vir hulle betrokkenheid by Nico Malan hokkie;
* mnr. P.J. Potgieter vir sy belangstelling en ondersteuning;
* ons Hemelse Vader vir sy beskermende hand oor ons deur die seisoen.

Organiseerder: A. Meyer

2012 Uitslae


Hokkie 2010 | Hokkie 2011