Gholf

Nico Malan speel in die O.P.-skoleliga gholf tesame met 16 ander skole. Ons is weer soos die vorige jare een van die topspanne in die O.P. In die liga verloor ons slegs een wedstryd en speel ook een gelykop teen Grey. Ons eindig tweede naas Grey in die liga. Vyf spelers is in die top 12 van al die O.P.-skolespelers, naamlik: Jacques Colananni, Pietie Loubser, Theo van Wyk, Tiaan Harmse en Armandt Landman. Tydens die interskole-wedstryde teen D.F. Malherbe wen ons ver.

Nico Malan speel gedurende die jaar teen verskillende ander skole regoor Suid-Afrika. In 'n Noord-Suid-toernooi op Bushman Sands en St Francis Links speel Nico Malan en Grey teen St Johns en St Stithians van Gauteng. Ons verloor met 1 hou teen St Stithians, maar wen met 3 houe teen St Johns.

In die jaarlikse Cape Schools-toernooi in die Suid-Kaap speel ons op die bane van Knysna, Plettenbergbaai en Goose Valley. Nico Malan is in 'n verwoestende bui en klop Wynberg 7 - 2, Rondebosch 7 - 2 en SACS 6 - 3. In die toernooi wen ons 20 wedstryde en verloor slegs 7.

Landbouskool Oakdale (Riversdal) toer na die Kouga en ons speel teen hulle op St Francis Links. Nico Malan wen die kragmeting oortuigend.

Goeie individuele prestasie word behaal deur Theo van Wyk en Pietie Loubser. Theo speel in die Dale Hayes Toernooi vir die O.P.-streek op Humewood en wen die toernooi oor twee rondtes. Hy neem daarna deel in die nasionale Dale Hayes-finaal in Gauteng en eindig gesamentlik vierde. Hy speel ook baie goed in die O.P. Junior Gholfstigtingtoernooie en word vir die O.P. o/18 gekies, maar moes egter onttrek om in die Dale Hayes-finaal te speel.

Pietie Loubser neem deel aan die S.A. Juniors o/18 in George. Dit vind plaas oor 4 rondtes waar die top 120 juniors in Suid-Afrika meeding. Hy speel baie goeie gholf en eindig 16de. Hy vaar die tweede beste van al die spelers van die O.P. Hy neem ook deel aan S.A. meriete-orde-toernooie en kwalifiseer vir die S.A. Beurtspel (b-afdeling). In die wedstryd vir Nico Malan teen Oakdale speel hy 'n ware kapteinsrondte van 5 onder baansyfer op St Francis Links.

Tiaan Harmse, ervare O.P.-skolespeler speel vir Humansdorp in die senior premierliga. Hy is ook Humansdorp gholfklub se naaswenner van die klubkampioenskap in houe- en beurtspel.

Nico Malan se gholfspan verloor volgende jaar uitstekende spelers wat vir vyf jaar die skool met groot sukses verteenwoordig het. Pietie en Tiaan het albei O.P. verteenwoordig in die o/14, o/16 en o/18 O.P.-skolespan. Hulle sal baie gemis word en laat 'n groot leemte in skolegholf.

Groot dank aan mnr. Christo Harmse vir sy bydrae om te help dat gholf op hoë standaard gehandhaaf kan word. Dank aan mnr. Albie Loubser vir ondersteuning en bystand, veral met die toere.

Ons wil ons Hemelse Vader bedank vir die seënende hand van bewaring oor ons waar ons ook al beweeg het. Baie dankie vir die skool se ondersteuning en erkenning van die spelers se prestasies.

Click hier vir die 2010 Gholf O.P. skole program.

Organiseerder: H.H. Vermeulen

Gholf 1ste Span 2010


2010 Uitslae

1 COLONANNI JAQUES 25 21 25 23.7 71
2 VAN WYK THEO X 26 21 23.5 47
3 LANDMAN ARMANDT 25 19 23 22.3 67
4 DU PLOOY JAQUES 19 14 24 19.0 57
5 WANSINK TIAAN 23 18 14 18.3 55
6 INGLIS CAMERON 17 16 22 18.3 55
7 PYPER VON BURICH 21 15 15 17.0 51
8 DE JAGER TERMAYNE 13 16 22 17.0 51
9 ROSSOUW DANIEL 18 15 16 16.3 49
10 VAN HEERDEN 14 14.0 14

Cape Schools Gholftoernooi

Die jaarlikse Cape Schools Gholftoernooi is vir die eerste keer in die Kouga-gebied gespeel. Die Kaapse skole Rondebosch, Wynberg en SACS het teen Nico Malan, Grey (PE) en Selbourne van Oos-Londen gespeel. Hierdie wedstryde is gespeel op St Francisbaai, die Links en Eersterivier.

Nico Malan word verteenwoordig deur:

Theo van Wyk, Jacques Colananni, Tiaan Wansink, Cameron Inglis, Armandt Landman, Jacques du Plooy en Daniel Rossouw

Nico Malan het uitstekende gholf gespeel en was dan ook die enigste onoorwonne span op die toernooi.

Nico Malan wen Wynberg 7 - 2
Nico Malan wen Rondebosch 7 - 2
Nico Malan wen SACS 5 ½ - 3 ½


Dale Hayes Glacier Junior Reeks

Theo van Wyk 'n graad 12-leerder van Hoërskool Nico Malan speel onlangs op die PE Gholf Klub in die OP-afdeling van die Dale Hayes Glacier Junior Reeks.

Hy speel briljante gholf en speel slegs 68 houe (4 onder baansyfer) en wen die toernooi om die OP-kampioen te word.

In September gaan Theo na Gauteng om met die ander wenners van die verskillende streke mee te ding.



vs Grey, St John's en St Sithians

Nico Malan speel oor 3 dae teen Grey, St John's en St Sithians op verskillende bane. Op dag 1 speel hulle op P.E.G.C teen IPS vanaf 0 voorgee en vaar uitstekend met 6 tellings en behaal 173 punte, Grey 161, St. John's 148 en St. Sithians 136. Baie goeie spel in warm weer is Theo van Wyk(34), Armandt Landman(33), Jacques Colonanni(33) en Tiaan Wansink(30).

The following 2 rounds were played on the Links and Humewood. Good rounds by Jacques, Armandt, Tiaan and Cameron Inglis. Support was provided by Von Burich Peyper, Daniel Rossouw and Jacques du Plooy.

Finale Puntestand:

1. Grey - 430
2. Nico Malan - 410
3. St. John's - 407
4. St. Sithians - 395


vs Grey College

Op 1 Maart het Nico Malan teen Grey College gespeel op St Francis Baai. Ons speel uitstekende gholf met Tiaan Wansink wat 31 punte aanteken (4 onder baansyfer), Armandt Landman wat 27 punte aanteken (baansyfer), en Theo van Wyk wat 24 punte aanteken (3 oor baansyfer). Nico Malan wen Grey met 3 punte.

The 2nd team also played a great game with Daniel Rossouw scoring 3 over par and Von Burick Peyper scoring 4 over par for a total of 68 points, thus beating Grey's 3rd team with 1 point.

Theo van Wyk also took part in an EP Junior golf tournament in Uitenhage. Daar was 36 putjies oor 2 rondtes, en Theo eindig op in die 3de plek, waar hy slegs 3 oor baansyfer was.

Congratulations to Theo and to the rest of these golf boys!


Week Events
26 Julie Bloedskenk Skoolsaal
Huis Meiring Glansaand (18:30) Kultuursentrum
 
27 Julie Landloop: Liga 5 Pellsrus
Rugby en Hokkie: Barnards' Castle (Engeland) Nico Malan
 
28 Julie Musical Trivia (18:30) Skoolsaal
 
29 Julie Sokkie (Matriekafskeid) Skoolsaal
 
30 Julie - 1 Aug Netbal: Nasionale kampioenskap Johannesburg
 
31 Julie Landloopliga Sondagsrivier
Landloop: Kouga-kampioenskap Nico Malan
Rugby, Hokkie en Netbal: Brandwag Brandwag
 
Cick here for the Code of Conduct, Admission Application 2010 and Subject Choices 2010 PDF documents.
For all the previous news, check the relevant tabs.
Latest update:
News Tab: News