Die seisoen het op 'n hoë noot begin met ons interne byeenkoms waar drie spanne, bestaande uit Dorp, Jeffreysbaai en die Koshuise, teen mekaar meegeding het.
Die interskole-byeenkoms teen D.F. Malherbe word vir die sesde agtereenvolgende jaar deur ons gewen.
Een-en-dertig van ons atlete word in die Cacadu-span ingesluit wat in Port Elizabeth deelneem.
Cecile Meyer en Rosseau Prinsloo word gekies as lede van die Oos-Kaapspan wat in Durban deelneem. 'n Merkwaardige prestasie word deur Cecile behaal deurdat sy die goue medalje wen vir Gewigstoot D o/15. Baie geluk aan haar, haar ouers en afrigter, mev. J. Vermaak.
Baie dankie aan al die afrigters, ouers, atlete en ondersteuners waarsonder die sport nie kan voortbestaan nie. 'n Spesiale woord van dank aan ons borge Dirk Ellis Motors, Humansdorp Toyota en Marquees Tent Hire wat as borge opgetree het by drie van ons byeenkomste. U lojale ondersteuning en gesindheid teenoor die skool en die sport word opreg waardeer.
Organiseerder: C. Zeelie
2012 Uitslae
|
Sirenes loei by Nico Malan se sportdag STEPHANIE HEYSTEK
Ses polisiemotors, 'n ambulans, 'n groot plaaslorrie vol kinders en 'n skoolbus wat in 'n hiepiewa omskep is, het om die pawiljoen op die rugbyveld verskyn. Nico Malan se interhuis het al loeiende begin! Hordes skoolkinders van Nico Malan in polisieklere, motorfietspakke en plaasboerhemde, het al singende in hul drie kleurspanne, die sportvelde op horings geneem. Die gees by hierdie interhuis-atletiekdag, was iets om oor opgewonde te raak. Ten spyte van die hitte, het atlete rekord na rekord verbeter en is daar 'n hele paar wat alreeds kwalifiseer om Nico Malan op internasionale vlak te gaan verteenwoordig. Elf rekords is onderskeidelik in die 800m, 400m, hamergooi, 90m hekkies, 100m hekkies, 400m hekkies, driesprong en gewigstoot verbeter en kan hierdie sportmanne en-vroue se name in die toekoms nog by groot byeenkomste verwag word. Die koshuisspan het vanaf die eerste geweerskoot die voortou geneem en het aan die einde van dié dag, ver voorgeloop om uiteindelik stof in almal se oë te skop. Die Dorp het die stokkie vroeg al aan Jeffreys oorgegee en laasgenoemde span het met dertig punte meer, tweede gekom. Die blou, rooi en wit kleurspanne het egter in die goeie gees van sportmanwees, hierdie dag afgesluit met 'n gesamentlike gebed en as eenheid die skoollied uit volle bors gesing. Met so 'n suksesvolle naweek agter die rug, kan die skool net uitsien na die 4de Februarie se groot interskole atletiek wat Nico Malan hierdie jaar vir die eerste keer aanbied. Die Brandwag (Uitenhage), Framesby (P.E.) en Nico Malan, gaan op hierdie dag almal kompeteer vir die wenbeker. Nico Malan se atletiek trek dus 'n nuwe baadjie aan. Ons sien uit na hierdie mededingende sportdag.
Jeanie Adendorff (links) en Marzanne Viljoen (regs) (geneem deur Abre de Koning)
Christiaan Oliphant (links) en Cornel Steyn (regs) (geneem deur Abre de Koning)
Cecile Meyer (geneem deur Abre de Koning)
Jack Thomas (geneem deur Abre de Koning)
Jeanie Adendorff (geneem deur Abre de Koning)
Tayla Gardiner, Danielle van Os, Stephanie de Jager, Tania Oelofse, Anél Norval, Selvyn Davids Jack Thomas, Peet Steenkamp, Tertius Groenewald (geneem deur Antonie de Koning) |


Jeanie Adendorff (links) en Marzanne Viljoen (regs) (geneem deur Abre de Koning)
Christiaan Oliphant (links) en Cornel Steyn (regs) (geneem deur Abre de Koning)
Cecile Meyer (geneem deur Abre de Koning)
Jack Thomas (geneem deur Abre de Koning)
Jeanie Adendorff (geneem deur Abre de Koning)