Die tennis speel elke Dinsdag en Donderdag teen verskeie skole. Meisies speel liga Dinsdae en seuns op Donderdae. Ons tennis vaar baie goed. Almal doen hulle bes om Nico Malan se naam hoog te hou.
Ons wil almal wat tennis speel en wat graag deel wil wees van die skool se tennis uitnooi om Woensdae 14:30 by die tennisbane te wees om saam te oefen. As jy graag in die 1ste, 2de of 3de span wil wees moet jy Maandae ook kom saam oefen! Die eerste span oefen van 14:30 tot 15:30 en die res van 15:30 tot 16:30.
Ons gaan jaarliks op 'n tennistoer. Daar is 16 kinders wat kan gaan. Jy kan nie gaan as jy nie in die 1ste of 2de span is nie. NB: Jy sal nie op die toer gaan as jy nooit by 'n oefening is nie! En jy sal ook nie kan uitspeel vir beker as jy nooit kom oefen nie.
Ons wil net dankie sê aan Drommedaris Meubels wat die 1ste vier meisies en seuns nuwe klere geborg het.
Organiseerder: P. Olivier
2011 Top 15 Spelers
| Seuns | Dogters | |
| 1 | Stefanus Loubser | Anika Herholdt |
| 2 | Frikkie Pieters | Kristi Voogt |
| 3 | Anroe Steyn-Clulow | Cecile Meyer |
| 4 | Daniel Nel | Marzanne Viljoen |
| 5 | Tom Darling | Eldone Swanepoel |
| 6 | Luan Nieuwoudt | Chrisna Meyer |
| 7 | Christiaan Prinsloo | Tenicke Bezuidenhout |
| 8 | Juan Reinierse | Ilse Radloff |
| 9 | MC Nel | Nicola Botha |
| 10 | Dennis Higgs | Mariné Nel |
| 11 | Erastus Beukes | Liesl Radloff |
| 12 | Martin Pretorius | Ilke Ackerman |
| 13 | Franco Meyer | Chané Chamberlain |
| 14 | David Higgs | Leana Bester |
| 15 | Luhan van der Westhuizen | Anje de Jager |
| SEUNS | ||||||||
|
|
|
|
||||||
| DOGTERS | ||||||||
|
|
|
|
||||||
Die eerste tennis seuns- en dogterspanne spog met hulle uitrusting saam met hul borg, mnr. Pieter Herholdt van Drommedaris, Jeffreysbaai.
Frikkie Pieters, Stefanus Loubser, Daniël Nel, Cecile Meyer
Anroe Steyn-Clulow, mnr. Pieter Herholdt, Anika Herholdt, Kirstie Voogt, Marzanne Viljoen
2011 Uitslae
|
FNB Classic Clashes 2011 The first boys lost 3 and won 1 of their 4 sets. The girls won 3 of their 4 sets. In total Framesby managed to win by 3 games; the total score being 46 games to 43. |

