Rugby

Nico Malan het werklik vanjaar 'n baie goeie jaar op die rugbyveld beleef. Ons rugby gaan van krag tot krag en die spelers slaag daarin om uiters ondernemende en aanskoulike rugby te speel sonder om ons tradisionele harde voorspelerspel in te boet.

Die o/14-span verras vriend en vyand en verloor slegs teen Dale College, Daniel Pienaar en Despatch. Hulle speel goeie rugby en het baie gou onder leiding van mnr. Hein Vermeulen 'n hegte eenheid gevorm.

Ons onder o/15-span bou voort op hulle prestasies van die vorige jaar en verloor slegs teen Framesby. Hierdie skitterende uitslae het ons laat besluit om die span volgende jaar in die o/16-liga te laat deelneem ten einde kontinuïteit te behou. Geluk aan mnr. Riaan Olivier en sy span.

Ons senior rugby was ook geen uitsondering nie. Al die spanne speel goeie, harde rugby. Die tweede span verloor slegs teen Brandwag. Baie geluk aan mnr. Albie Loubser en sy span.

Die eerste rugbyspan het 'n baie goeie seisoen beleef met verskeie hoogtepunte. In die eerste wedstryd van die jaar klop ons Queens College van Queenstown. By die Grey Paastoernooi verloor ons met drie punte teen Michaelhouse en Middelburg (Mpumalanga) onderskeidelik en speel gelykop teen Graeme College.

Wat die liga betref, klop ons Brandwag, wen interskole en verloor slegs teen Daniel Pienaar en Framesby. Alhoewel ons teen Framesby verloor het, sal die eerste FNB Classic Clashes ongetwyfeld as 'n hoogtepunt op ons kalender uitstaan. Dit is 'n vier jaar ooreenkoms met FNB en ons speel dus volgende jaar by Framesby.

Verskeie van ons spelers lewer deur die jaar ook briljante prestasies. Edward van der Westhuizen en Kayle van Zyl word vir die O.P. Cravenweekspan gekies, terwyl Louis de Jager vir die O.P. Akademiespan uitdraf. Ruan Scheepers haal die O.P. o/16-span. Baie geluk aan al die spelers en in besonder aan Kayle, wat 'n beurs vir drie jaar by Hartpury College in Engeland gekry het, en Edward, 'n beurs by die Rugby Performance Centre in Kaapstad.

Graag wil ons dan ook aan al ons borge van al die spanne baie dankie sê vir hulle ondersteuning. 'n Spesiale woord van dank aan Labacor, by name mnr. Francois van Wyk en sy vrou, Gillian van Wyk, wat as hoofborge van die eerste rugbyspan opgetree het.

Baie dankie aan al die spelers en afrigters sonder wie se toewyding en entoesiasme so 'n seisoen nie moontlik sou wees nie.

Laastens ons dank aan ons Hemelse Vader vir sy hand van bewaring deur die jaar.

Organiseerder: G.B. Pienaar

2011 Uitslae

ONOORWONNE VIERDE SPAN

Die vierde rugbyspan van Hoërskool Nico Malan het 'n groot oorwinning behaal. Hulle was hierdie jaar onoorwonne!

Die ouers en ondersteuners langs die veld het saam met die spelers gejuig en die soete smaak van oorwinning ervaar. Ons is dankbaar vir u aanmoediging en lojale ondersteuning. Die spelers het hard gewerk gedurende hulle oefeninge en het elkeen op die spel geplaas om die wedstryd van die dag te wen vir Hoërskool Nico Malan.

Die kaptein, Adriaan Lombard en onderkaptein Wian Pienaar, het gesorg dat hulle spanmaats pragtig by wedstrydplanne hou en dat 'n aangename groepsgees deurgaans onder die jongmanne heers. Sommige van die spelers is bevorder na hoër spanne en die plaasvervangers was vinnig tuis in die vierde rugbyspan. Elke speler het dit waarlik geniet om vir die vierde span te speel.

Eer vir die onoorwonne rekord gaan aan elkeen wat hierdie jaar vir hierdie span rugby gespeel het.

Baie geluk manne, julle het elke oorwinning verdien en dit was 'n eer en voorreg om julle afrigter te wees.

Gerhard Pietersen

Neels van Rooyen (Okkie), Wian Pienaar (Y-wood), Juan Oelofse, Christiaan Prinsloo (Chris), Adriaan Lombard (Zorba), Tom Darling, Marlo Luiters (Chibi), J.P. Kilian, Mark Scholtz (Gwaai), Luhan Verwey (Bachus), Jandré du Plessis (Wagter)
Ruhan Els, Christie Masalisa, Nico Heystek, Eugene Botha (Brood), Jaco Terblanche, Tiaan Jonck (Bacon), Brent Roman, Jacques du Plooy
Adriaan van Wyk


Foto geneem deur Abrie de Koning


Nico Malan vs DF Malherbe

1ste 8 - 6
2de 41 - 15
3de 12 - 7
4de 52 - 0
o/15A 56 - 9 (wedstryd gestop)
o/14A 17 - 5 (hierdie span is onoorwonne die seisoen!)
o/14B 17 - 7

Die eerstespan wen 'n taai wedstryd 8 - 6. Nico Malan sukkel om die eerste helfte aan die gang te kom, maar verdedig uitstekend. In die tweede helfte kruis ons die doellyn 4 keer, maar slegs 1 drie word toegeken. Punte: Tremayne de Jager (drie) en Selvyn Davids (strafskop). Uitblinkers: Selvyn Davids en Ian Groenewald.


Tremayne de Jager met die bal

Foto's geneem deur John Wait

Die 4de Rugbyspan van NM het Saterdag hul seisoen onoorwonne afgesluit met 'n telling van 52 - 0! Hul het 8 drieë gedruk met 'n uitstekende spangees! Drieë is gedruk deur: Jacques du Plooy, Janre du Plessis, Christiaan Prinsloo, Brent Roman , Wiehan Pienaar (2), Luhan Verwey (2). Hierdie spannetjie het beslis die seisoen op 'n hoë noot afgesluit! Sien foto aangeheg.



Nico Malan vs Brandwag

1ste gelyk 15 - 15
2de wen 13 - 3
3de wen 33 - 10
4de wen 30 - 3
o/15A verloor 22 - 17
o/15B wen 29 - 5
o/14A wen 17 - 8

Die eerstespan speel gelykop 15 elk in 'n titaniese stryd. Nico Malan druk 3 drieë teenoor Brandwag se 2, maar sukkel met die stelskoppe in 'n stormwind. Die span veg egter uitstekend terug teen die wind om die wedstryd gelykop te laat eindig. Drieë: Selvyn Davids, Christiaan Nieman, Luan Nieuwoudt. Uitblinkers: Martin Groenewald en Tiaan Boonzaaier


Nico Malan vs Andrew Rabie

o/15A wen 54 - 0
3de wen 34 - 10
2de wen 24 - 0
1ste wen 27 - 14

Rugby vs Knysna

o/14A wen 38 - 5

Op die foto is Lamour van Zyl, Johnathan Louw en Deon van der Westhuizen gereed om te sak in die skrum met Selvyn Davids wat toekyk.


Foto geneem deur Estelle de Vos


RUGBY vs MUIR

Nico Malan wen al die wedstryde:

1ste span 53 - 15
2de span 20 - 13
3de span 39 - 17
4de span 29 - 19
o/15A 50 - 7
o/15B 79 - 0
o/14A 20 - 14

Nico Malan druk 8 drieë met Selvyn Davids (3), Christiaan Nieman (2), Xanti Malangeni (1), Ian Groenewald (1) en Tiaan Boonzaaier (1). Selvyn teken 'n totaal van 28 punte aan. Uitblinkers: Johnathan Louw, Ian Groenewald en Selvyn Davids.

Gerhard Engelbrecht (met die bal), Juan Reynierse en Phillip Solomons


Foto's geneem deur John Wait


Hoërskool Nico Malan is trots op die volgende leerders wat gekies is vir onderskeie OP-rugbyspanne.

OP o/16A Grant Khomo-week: Deon van der Westhuizen, Martin Groenewald, Luan Nieuwoudt
OP o/18A Cravenweek: Selvyn Davids, Phillip Solomons

Foto geneem deur Christa Ferreira


RUGBY vs OTTO DU PLESSIS

1ste span wen 32 - 12
2de span wen 15 - 3
3de span wen 45 - 3
4de span wen 28 - 7
o/15A wen 27 - 5
o/15B wen 34 - 0
o/14A wen 19 - 7

Die eerstespan speel klinies baie goed om Otto 32 - 12 te klop. Goeie ondersteunende spel tussen die voor- en agterspelers, word beloon met 5 drieë. Baie geluk aan al die speler. Uitblinkers: Tiaan Boonzaaier, Ian Groenewald, Tremayne de Jager. Drieë: Tremayne de Jager, Christiaan Nieman (2), Rino Diederics, Phillip solomons. Selvyn Davids slaag met 2 doelskoppe en 1 strafskop.

Christiaan Nieman (met die bal) en Rino Diedericks

Foto's geneem deur John Wait


RUGBY vs NEWTON

Ons eerstespan wen 'n baie harde wedstryd teen Newton. As gevolg van die feit dat ons nie ons balbesit genoeg beskerm nie, verloor ons baie balle in kontak. Selvyn Davids slaag egter met 'n strafskop om die wedstryd te beklink net voor die einde. Uitblinkers: Sinethemba Ndita en Luan Nieuwoudt.

1ste span wen 13 - 11
2de span wen 55 - 0
3de span wen 48 - 5
o/15A wen 48 - 0
o/14A wen 49 - 0


FNB Classic Clashes 2011


1ste wen 20 - 17
2de verloor 20 - 15
3de gelyk 12 - 12
4de gelyk 0 - 0
5de verloor 25 - 19
o/15A wen 28 - 6
o/14A verloor 20 - 16
o/15B wen 34 - 7

Die eerstespan wen 'n klipharde wedstryd uiteindelik 20 - 17. Nadat ons 17 - 6 agter was, veg die spellers verbete terug en druk ons 2 drieë om die wen te verseker. Rotsvaste verdediging en totale toewyding het die deurslag gegee. Punte aangeteken deur Selvyn Davids (2 strafskoppe en 2 doelskoppe). Drieë: Ian Groenewald en Juan Reynierse.


RUGBY VS Despatch

In baie nat toestande klop Nico Malan Despatch in al die wedstryde wat verlede naweek plaasgevind het. Die uitslae is soos volg:

1ste: 22 - 12
2de: 20 - 0
3de: 43 - 0
4de: 30 - 3
o/15A: 27 - 7
o/15 B: 27 - 5
o/14A: 7 - 0

Drieë: Selvyn Davids, Rino Diedericks en Phillip Solomons
Doelskoppe: Selvyn Davids (2)
Strafskop: Selvyn Davids

Uitblinkers: Johnathan Louw, Selvyn Davids, Luan Nieuwoudt en Sinethemba Ndita


Tiaan Boonzaaier (met die bal), Xanti Malangeni, Sinethemba Ndita (nr 4) en Johnathan Louw (nr. 2) van Nico Malan wat hom ondersteun.

Fotos geneem deur John Wait


Nico Malan vs Daniel Pienaar

1ste verloor 20 - 8
2de verloor 20 - 10
3de verloor 13 - 8
4de wen 10 - 5
5de verloor 29 - 7
o/15A verloor 22 - 10
o/15B verloor 20 - 15
o/14A verloor 42 - 0

Die eerstespan verloor in 'n baie harde wedstryd 20 - 8. Twee vinnige drieë deur DP laat in die tweede helfte plaas die wedstryd buite ons bereik. Die spelers se veggees was egter ongelooflik en ons kan trots wees op die span. Drie aangeteken deur Christiaan Nieman en strafskop deur Ruan van Huyssteen. Uitblinkers: Ian Groenewald (50ste wedstryd), Luan Nieuwoudt, Xanti Malangeni, Martin Groenewald


Op die foto is Nico Malanners van links:
Anrich Janse van Rensburg, Gerhard Engelbrecht, Johnathan Louw (met die bal) en Sinethemba Ndita

Foto geneem deur John Wait


Nico Malan vs Aliwal Noord

Nico Malan wen 18 - 7. Drieë deur Selvyn Davids (2) en Phillip Solomons (1). Ons skrum uitstekend en rotsvaste verdediging verhoed Aliwal om verder punte aan te teken. Uitblinkers: Selvyn Davids, Phillip Solomons, Ian Groenewald, Themba Ndita en Luan Nieuwoudt

Op die foto is Nico Malan se eerste rugbyspan in aksie.


Foto geneem deur Erna Vermeulen


Rugby 2010 | Rugby 2012