Netbal

2009 - Weereens 'n jaar vol suksesse en hoogtepunte!

Nico Malan se twaalf netbalspanne het almal goed gevaar in die seisoen. Die hoogtepunte was toe omtrent al die interskole-wedstryde gewen is. Dankie aan al die dogters en hulle afrigters vir hulle lojaliteit en toewyding.

Vir die eerste span skop die seisoen reeds vroeg in Februarie af en teen middel Maart moes hulle alreeds hulle staal teen ander spanne begin wys. Hulle wen tydens Gill en Despatch se Sportfeeste onderskeidelik al 12 hulle wedstryde. Tydens die April-vakansie neem hulle deel aan die Top Netbaltoernooi vir o/19's en eindig sewende uit 20 skole. Ten spyte van twee beserings wys dié span karakter. Hulle speel altesaam 44 wedstryde waarvan hulle slegs 14 verloor en 1 gelykop speel.

Hoogtepunte tydens die seisoen:
- Wen die eerste FNB Classic Clashes teen Framesby in 'n spannende wedstryd 17 - 16.
- Neem deel aan die o/19 Nasionale Netbalfees vir die Top o/19-skole in die land, maar die toernooi word ontwrig deur gure weer met geen finale uitslag nie.
- Wen interskole teen D.F. Malherbe 28 - 10.

Aan die speelsters wil mej. Nel dankie sê vir hulle harde werk, die toewyding en karakter wat hulle regdeur die seisoen gewys het. Dankie ook aan die ouers en die Nico Malanners vir hulle getroue ondersteuning en belangstelling deur die seisoen.

Baie geluk aan die volgende 12 speelsters wat die Oos-Kaap verteenwoordig het: Tenicke Bezuidenhout, Nicola Botha en Natasha van Wyk (o/14); Tanri Strydom (o/15); Lize du Plessis (o/16); Susan du Plessis, Muki Gumede, Lwanda Ketse, Sharoné Lewis en Gabi Tidbury (o/17); Sabina Michau en Careshia Steenkamp (o/19).

Ons wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om al ons borge wat by een of ander span betrokke was, te bedank vir hulle finansiële hulp en betrokkenheid - dit word opreg waardeer.

Organiseerder: E. Nel

2011 Uitslae

Nico Malan vs DF Malherbe

1ste wen 24 - 23
o/19B wen 14 - 10
o/19C wen 20 - 8
o/16A wen 18 - 9
o/16B gelyk 12 - 12
o/16C wen 11 - 10
o/14A wen 18 - 7
o/14B wen 12 - 4


Carla Oliphant in aksie

Foto's geneem deur John Wait


Nico Malan vs Brandwag

1ste verloor 25 - 29
o/19B verloor 16 - 29
o/19C verloor 10 - 35
o/19D verloor 4 - 27
o/16A verloor 12 - 18
o/16B verloor 7 - 24
o/14A verloor 20 - 26
o/14B wen 11 - 10
o/14C verloor 8 - 12
o/14D verloor 3 - 8


Netbal Nasionale Netbalkampioenskap

Nico Malan se eerste netbalspan neem deel aan die Nasionale Netbalkampioenskap en die tellings is as volg:

Nico Malan vs Klerksdorp wen 16 - 5
Nico Malan vs Tom Naude wen 16 - 11
Nico Malan vs Eldoraigne gelykop 7 - 7
Nico Malan vs Ermilo verloor 19 - 16


Netbal vs Harvest

o/16B verloor 1 - 4 (Lisna Dekker - 1)
o/19A gelyk 2 - 2 (Stephanie de Jager - 2)

Netbal vs Langenhoven Gimnasium

o/16A wen 28 - 7
1ste wen 35 - 10

Netbal vs Outeniqua

o/16A verloor 10 - 11
1ste wen 24 - 13


Die volgende Nico Malan spelers is in die Oos-Kaap Netbalspanne ingesluit wat gedurende die skoolvakansie aan die Nasionale Skole-kampioenskap in Rustenburg gaan deelneem.

Kaylynn Felix (o/15), Marzanne Viljoen (o/16), Mariska Pieters (o/14) Casey Rheeder (o/16), Melissa Draai (o/16), Lundi Roto (o/14)

Uviwe Relese was ongelukkig nie beskikbaar toe die foto geneem is nie, maar is in die o/15-span.



Foto's geneem deur Christa Ferreira


NETBAL vs OTTO DU PLESSIS

o/19B wen 19 - 7
o/19C wen 18 - 4
o/14A wen 26 - 4
o/14B wen 7 - 1
o/16C wen 12 - 7
o/14C wen 13 - 7
o/14D wen 12 - 3


FNB Classic Clashes 2011
1ste verloor 26 - 22
o/19B verloor 23 - 17
o/19C verloor 21 - 13
o/19D verloor 17 - 9
o/16A wen 16 - 15
o/16B verloor 22 - 11
o/16C verloor 17 - 9
o/14A wen 17 - 15
o/14B verloor 17 - 4
o/14C verloor 12 - 11
o/14D verloor 18 - 0


Nico Malan se eerste netbalspan speel teen Grens in 'n 'Netball Grand Series' wedstryd.
Dit was 'n spannende stryd en Nico Malan wen die wedstryd 22 - 20.

Tenicke Bezuidenhout (HV), Philene van Niekerk (V), Lize du Plessis (HD), Rachelle Louw (VV) - kaptein, Marzanne Viljoen (D), Cecile Michau (spanbestuurder)

Kaylynn Felix (HV/S), Uviwe Relese (VV), Carla Oliphant (AV), Tanri Strydom (HD/S)


Foto geneem deur Christa Ferreira


Nico Malan wen al die wedstryde en die tellings is soos volg:

2de 27 - 16
o/16B 10 - 3
o/14B 17 - 16


Nico Malan speel 4 wedstryde en wen al 4. Die tellings is as volg:
Nico Malan VS Aliwal Noord 8 - 3
Nico Malan VS Cradock 9 - 8
Nico Malan VS Winterberg 16 - 1
Nico Malan VS Aeroville 23 - 8

Nico Malan speel in die finaal teen Kirkwood en wen 14 - 4.


Netbal 2010 | Netbal 2012