Ons het ongeveer 12 entoesiaste atlete wat vanjaar deelneem. Ons werk baie hard gedurende die tweede en derde kwartale. Die atlete moet elke dag van die week oefen. Dit verg baie uithouvermoë. D0/14, 15 en S0/14, 15 hardloop almal 4 km. D0/16, 17 hardloop 5 km en S0/16,17 hardloop almal 6 km. Ons het 6 ligas waaraan die atlete moet deelneem, asook die OP-kampioenskappe en Cacadu-kampioenskappe.
Ons bied elke jaar die Kouga-Cacadu kampioenskappe by Nico Malan aan. Ons jaarlikse Framesby-aflos het hierdie jaar by NM plaasgevind. Ons seunsspan het gewen en ons het 3 Meisiespanne gehad wat deelgeneem het, die meeste nog! 'n Span het bestaan uit 6 lede en elke lid het slegs 2 km gehardloop. Dit was groot prêt! Vir sommige meisies was dit 'n eerste keer!
Ons het ook elke jaar 'n afsluitingsfunksie. Ons beplan weer baadjies vir die toekoms sodra fondse beskikbaar is. Ons hou koekverkopings om ons fondse aan te vul en is afhanklik van borge.
Organiseerder: S. Verwey, W.H. Maré
2011 Uitslae
|
Twee leerders van Hoërskool Nico Malan, Chrisna Meyer (o/17) en Sino Gallant (o/17) is in die Cacadu Landloopspan opgeneem wat binnekort aan die provinsiale byeenkoms te Aliwal Noord gaan deelneem. Chrisna het 'n derde plek en Sino 'n tweede plek behaal tydens verlede naweek se Cacadu byeenkoms op Humansdorp.
Foto geneem deur Christa Ferreira |
|
Landloop: Uitenhage-Cacadu-kampioenskappe
Die volgende 4 atlete het Saterdag aan die Uitenhage-Cacadu-kampioenskappe deelgeneem: Ollie Deshwa (S0/15); William Cele, Sino Gallant (S0/17) en Chrisna Meyer (D0/17). Die volgende twee atlete het medaljes ontvang en is gekies as lede van die Cacadu-span wat op die 3de September aan die Oos-Kaaplandkampioenskappe gaan deelneem te Aliwal-Noord: Chrisna Meyer (brons) en Sino Gallant. (silwer) |
|
LIGA WESTON, HANKEY - 2 MEI William Cele (S0/17) 3de plek Ollie Deshwa (S0/15) 4de plek |
|
LIGA LOERIE 10 MEI William Cele (S0/17) 3de plek Ollie Deshwa (S0/15) 4de plek |
|
LIGA WESTON, HANKEY - 2 MEI Sino Gallant (S0/17) 1 ste plek William Cele (S0/17) 4de plek Jewayne Engelbrecht (S0/16) 5de plek |
|
LIGA NICO MALAN 17 MEI Andrey Van Wyk (D0/16) 1 ste plek Sino Gallant (S0/17) 1 ste plek William Cele (S0/17) 2de plek Chrisna Meyer (D0/17) 3 de plek Jewayne Engelbrecht (S0/16) 3 de plek |
|
LIGA PAUL SAUER, KAREEDOUW 24 MEI Sino Gallant (S0/17) 1 ste plek William Cele (S0/17) 3 de plek Ollie Deshwa (S015) 5 de plek |
|
LIGA PELLSRUS, JEFFREYSBAAI 26 JULIE Sino Gallant (S0/17) 1 ste plek Chrisna Meyer (D0/17) 1 ste plek William Cele (S0/17) 2 de plek Andrey Van Wyk (D0/16) 2 de plek |

