Die 2009-krieketseisoen is gekenmerk deur verskeie hoogtepunte.
Die seisoen het met 'n hoogtepunt begin deurdat drie leerders in die OP Plattelandse span opgeneem is, naamlik Tiaan Terblanche, Tiaan Harmse en Jaco Terblanche.
Tiaan Terblanche het die eerste span uitstekend gelei en het deurgaans goeie kolfwerk gelewer. Ander spelers wat goeie spel gelewer het, was Pietie Loubser, Tiaan Harmse, Ryno von Waltzleben en Eddie Nieuwoudt.
Die tweede span het goeie krieket gespeel. Spanne met wie hulle afgereken het, was D.F. Malherbe en Westering. Lambert van Eeden en Kayle van Zyl se goeie vertonings verdien vermelding.
Die o/15-span het uitstekende krieket gespeel. Spelers wat goeie spel gelewer het, was Gerhard Engelbrecht, Wian Pienaar en Tom Darling.
Die o/14-span het 'n goeie seisoen gehad. Daar is potensiaal in hierdie span raakgesien en veral spelers soos Xylon Dragner, Petrus Meyer en Luan Nieuwoudt het uitgeblink. Agt van ons seuns was deel van die o/17-Winterprogram gedurende die derde kwartaal. Vyf van hulle is gekies vir die Kouga o/17-span wat aan die O.P. Plattelandse proewe gaan deelneem. Die seuns is Jaco Terblanche (kaptein), Xylon Dragner, Jaco Killian, Ryno von Waltzleben en Eddie Nieuwoudt.
Organiseerder: D. van As
Krieket o/15 span 2010
Van agter: Wilhelm Engelbrecht
Mej. D. van As (afrigter), Denis Higgs, Christopher Julyan, Thembelani Dyam
Ruben Botha, Rikus Klue, Joshua Nieuwoudt, Stephan Vermaak, Charlton Geswint
Mitchell Arends, Armand de Lange, Alandré van Rooyen
Foto geneem deur Christa Ferreira
2011 Uitslae
|
3de SPAN NICO MALAN vs GLOBAL LEADERSHIP ACADEMY Nico Malan kolf eerste en teken 120/7 aan in 20 boulbeurte. Beste kolwer van die dag is Ruan Olivier met 77 uitstekende lopies. Ruan slaan 10 viere en 3 sesse in sy beurt. Global Leadership Academy word beperk met 76/7. Nico Malan wen met 44 lopies. Boul ontleding: Gabrie du Preez (2 paaltjies vir 9 lopies van 2 boulbeurte), Mark Scholtz (2 paaltjies vir 7 lopies van 2 boulbeurte), Adriaan Lombard (1 paaltjie vir 9 lopies van 3 boulbeurte), Stefan Engelbrecth (1 paaltjie vir 5 lopies van 2 boulbeurte) en Marco Engelbrecht (1 paaltjie vir 2 lopies van 1 boulbeurt) NICO MALAN vs LUNGISO Nico Malan kolf eerste en teken 78 lopies aan. Stiaan Olivier behaal die hoogste telling van 28 en Brendon Smith maak 13. Lungiso word met puik boulwerk uitgeboul vir net 37 binne minder as 10 boulbeurte. Nico Malan wen met 41 lopies. Boul ontleding: Stiaan Olivier (3 paaltjies vir 8 lopies van 3 boulbeurte), Stefan Engelbrecht (3 paaltjies vir 1 lopie van 1 boulbeurt), Gabrie du Preez (1 paaltjies vir 6 lopies van 1 boulbeurt), Adriaan van Wyk (1 paaltjie vir 4 lopies van 1 boulbeurt) en Eugené Scott (1 paaljtie vir 4 lopies van 1 boulbeurt) NICO MALAN vs PAUL SAUER 1ste Paul Sauer wen die loot en kolf eerste. Paul Sauer maak 144 vir 7 in 20 beurte. Nico Malan kolf tweede en teken 96 lopies aan. Eugené Scott eindig met die hoogste telling van 26 nie uit nie. Gabrie du Preez maak ook 13 lopies. Nico Malan verloor met 49 lopies. Op die foto is Stiaan Olivier in aksie
Foto geneem deur Anton van Kampen |
|
KRIEKET 2DE-SPAN Nico Malan speel teen Linkside. Nico Malan kolf eerste en kry 170 lopies in die toegelate 20 beurte. In die 20ste boulbeurt boul Nico Malan Linkside uit vir slegs 107 lopies. Nico Malan wen met 63 lopies. Kolwers van die dag: Rykie Rautenbach (26 lopies), Juan Reyniersie (29 lopies) en Armandt Landman (56 lopies). Boulers van die dag: Wian Pienaar (4 beurte, 3 paaltjies vir 20 lopies), Loock Scott (4 beurte, 2 paaltjies vir 12 lopies) en Juan Reynierse (3 beurte, 2 paaltjies vir 17 lopies) Nico Malan se o/15 A-span speel teen Woodridge se o/15 B-span. Woodridge kolf eerste en teken 94 lopies aan vir 4 paaltjies in 20 boulbeurte. Nico Malan slaan die lopies in die 15de beurt. Nico Malan wen die wedstryd met 3 paaltjies. Beste kolwer: Ruben Botha (40 lopies) Nico Malan se o/15 A-span speel Grey se o/15 C-span. Grey kolf eerste en teken 49 lopies aan almal uit in die 15de beurt. Nico Malan slaan die wen lopies in die 8ste beurt. Nico Malan wen die wedstryd met 8 paaltjies. Ruben Botha is beste kolwer (17 nie uit nie) en beste bouler (7 paaltjies vir 15 lopies in 4 boulbeurte). |
|
NICO MALAN vs GREY
1ste Nico Malan kolf eerste en ons teken 100 aan - almal uit. Grey kolf en behaal die teiken met 5 paaltjies plat. Beste kolwers: Petrus Meyer (22) en Armandt Landman (32). Beste boulers: Christiaan Nieman (2 vir 16 in 6 boulbeurte). Tom Darling (1 vir 15 in 6 boulbeurte) NICO MALAN vs NEWTON TECH 2de Newton kolf eerste en kry 58 lopies in 21 beurte. In die 9de kolfbeurt behaal ons die gevraagde 59 lopies vir slegs 1 paaltjie. Ons wen met 9 paaltjies. Kolwers van die dag: Rykie Rautenbach (14 nie uit nie) en Armandt Landman (19 nie uit nie). Boulers van die die dag: Loock Scott (4 beurte, 3 paaltjies vir 2 lopies) en Tremayne de Jager (2 beurte, 1 paaltjie vir 1 lopie) o/14 Newton kolf eerste en teken 50 lopies aan (almal uit) in 12 beurte. Nico Malan behaal die gevraagde 51 lopies en wen met 7 paaltjies. Kolwer van die dag: Stephan Vermaak (15 nie uit nie). NICO MALAN vs OTTO DU PLESSIS o/15 Otto kolf eerste en teken 130 lopies (almal uit) in 16 beurte aan. Nico Malan kan slegs met 111 lopies antwoord. Nico Malan verloor die wedstryd met 20 lopies. Speler van die wedstryd: Armandt de Lange teken 60 lopies aan wat 3 sesse en 10 vierre insluit. Op die foto is Stephan Vermaak van Nico Malan in aksie.
Foto geneem deur Abrie de Koning |

