Verskeie buitemuurse sportsoorte word deur die leerders van Nico Malan beoefen. Hulle behaal ook besonderse prestasies op hierdie gebiede.
2011 Uitslae
|
STOCK CARS/STAMPMOTORS
PE OTR het Saterdagaand hulle jaarlikse prysuitdeling gehad. By 'n glasngeleentheid is al die wenners vir die jaar aangekondig. Nastasha Whitehorn - 15 jr - het 'n ster teen die muur gekry vir Algehele wenner in die Mini klas vir 2011 , asook 'n sertifikaat vir 100% Race attendance vir die jaar en dan die groot prys : EERSTE vir die jaar in die Mini klas. |
|||
|
QUADRATLON: NICO MALAN HET OEMF!
Die afgelope naweek het vier van Nico Malan se spanne aan 'n vierkampkompetisie deelgeneem in St Francis Baai. Die spanne het uitstekend gevaar-veral die onderwysers as die superman-span! Die resultate was as volg: Die onderwysers behaal 'n algehele 2de plek. Mnnre. Gerrit Pietersen, Willem Maré en mev. Suretha Verwey het uitstekende tye behaal. Die o/16-gemengde span behaal 'n algehele 1ste plek! Baie geluk Roeltin Louw, Regard Viljoen, Anja Franzsen en William Cele. The grade 8 D boys, Jamie Loots, Luke Bester, Oswin Browne and Reece Peacock received a bronze medal in the u/16 boys event. Jamie received a silver medal in die individual competition, doing all 4 disciplines by himself. Die o18-gemengde span ontvang ook 'n silwer medalje. Jeanie Adendorff, Marzanne Viljoen, Waldo en Ruan van Huyssteen was die lede van die span. Dit was die eerste keer dat Nico Malan aan hierdie kompetisie deelgeneem het en verdere deelname word definitief beplan. |
|||
|
NICO MALAN'S SURFING CHAMP
Tahra Uren competed for the Eastern Province Surfing Team at the South African Junior Surfing Championships in Durban from 3 to 9 October 2011. She competed in the under 15 girls division where she surfed excellently to win her division. Tahra is thus the South African Surfing Champion in the under 15 girls division for 2011.
|
|||
|
|||
|
Stock Cars
Nastasha Whitehorn, 'n graad 10-leerder van Hoërskool Nico Malan, het al verskeie trofees gewen met haar Mini. Sy het Saterdagaand weer gery en het eerste gekom in die finaal. Ons wens haar geluk en glo sy en haar mini sal Nico Malan se naam nog baie hoog dra. |
|||
|
Stock Cars
Nastasha Whitehorn, 'n graad 10-leerder van Hoërskool Nico Malan, het al verskeie trofees gewen met haar Mini. Sy ry Stock Cars by PE Oval Track Raceway. Sy het verlede jaar November (toe slegs 14 jaar oud) vir die heel eerste keer gery en in die finaal 2e gekom. In Desember 2010 het sy 15 geword. Sy was toe die jongste vroulike jaer. Die Mini klas is slegs 'n klas vir vrouens. sy spog alreeds met 2 eerste plekke , 1 tweede plek en sy het Saterdagaand 'n 3e plek gekry. Volgens al die punte wat sy al vir die jaar bymekaar gemaak het , is sy op die stadium 1e in die Mini klas. Die volgende resies is 27 Augustus 2011. |
|||
|
MTB Challenges
Jamie Loots in Grade 8 got a 2nd place in his division for the Spur Schools MTB Challenge. At the Kouga MTB Challenge Jamie was 1st junior to cross the finishing line and the 2nd male. Jamie in action |
|||
|
'Amateur Kickboxing'
Lisna Dekker, graad 10-leerder van Hoërskool Nico Malan, het onlangs in Langebaan by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap van die 'South African Amateur Kickboxing Assosiation' in beide divisies waarin sy deelgeneem het, as wenner uit die stryd getree. Foto's geneem deur Christa Ferreira |
|||
|
HENGEL
Pierre Janeke, 'n graad 9-leerder van Hoërskool Nico Malan is opgeneem in die o/16 Presidenthengel-span.
|
|||
|
ST FRANCIS SPORTNAWEEK Baie geluk aan die volgende Nico Malan-leerders wat medaljes in hulle onderskeie items ontvang het: Jamie Loots (5 km dag- en nagrit fietsry - brons; 40 km fietsry - silwer), Regard Viljoen (5 km dag- en nagrit fietsry - silwer en 40 km fietsry - goud), Johandré Oosthuizen (40 km fietsry - brons), Luané Vermaak (18 km strandstap - brons) en Jancke Bouwer (18 km strandstap - silwer).
Op die foto: Regard Viljoen, Johandré Oosthuizen en Jamie Loots |
|||

