Hokkie

Hokkie gaan van krag tot krag in Nico Malan. Ons het ongeveer 160 dogters wat hokkie speel en spog met seker van die beste grasvelde in die provinsie.

2010 was 'n besonder goeie seisoen met baie hoogtepunte:

Die Eerstespan betree 'n nuwe terrein toe ons in April Bloemfontein toe reis om aan die Elsie Coetzer Hokkieskool se toernooi te gaan deelneem. By die toernooi klop ons die spanne van Bryanston (Johannesburg) en Swartkop (Pretoria), speel gelykop teen Oranje Meisieskool (Bloemfontein) en verloor teen Dundee (Natal) en Waterkloof (Pretoria).

Die Eerstespan het 10 ligawedstryde gespeel waarvan hulle 7 gewen en 3 gelykop gespeel et. Die span teken 62 doele aan met slegs 16 teen hulle. Helene Slabbert (17 doele) en Leta Meyer (18 doele) teken die meeste aan terwyl Stephanie de Jager 5 doele in een wedstryd aanteken.

Die seisoen het ook 'n Internasionale geur gekry toe die skool in Augustus besoek word deur Barnard Castle van Engeland en Nico Malan wen die wedstryd 1-0.

Ons sluit af met die Interskole teen D.F. Malherbe en al Nico Malan se hokkiespanne behaal oorwinnings. Die eerstespan wen 'n baie spannende wedstryd met 2 doele teen 1 en die Interskoleskild staan vir die 16de jaar op Humansdorp.

Twee spelers, Cecile Meyer(O/16) en Leta Meyer(O/18) verteenwoordig Oostelike Provinsie by die onderskeie Interprovinsiale Toernooie.

Cecile Meyer word ook opgeneem in die SA O/16 Oefengroep en woon gedurende die Septembervakansie 'n hoë-intensiteit oefenkamp in Durban by.

Die 2011-seisoen het reeds afgeskop en beloof om weereens vol opwinding te wees.

Die Eerstespan het 'n toer na die D.F. Malankursus onderneem. Hulle speel 7 wedstryde waarvan hulle 4 wen, 2 gelykop speel en 1 verloor.

Wedstrydbepalings:

07 Mei 2011 Despatch - Humansdorp
14 Mei 2011 St Dominics - Humansdorp
21 Mei 2011 Framesby - Humansdorp
28 Mei 2011 Collegiate - Humansdorp
04 Jun 2011 Riebeeck College - Uitenhage
23 Jul 2011 Mosselbaai Punt - Humansdorp
30 Jul 2011 Harvest Christian - Port Elizabeth
13 Aug 2011 Die Brandwag - Humansdorp
20 Aug 2011 D.F. Malherbe - Port Elizabeth

Baie dankie aan:
* mnr. Latsky en die Humansdorp Vervoerdienste;
* elke afrigter en speler vir hulle entoesiasme en lojaliteit;
* al die borge vir hulle finansiële ondersteuning;
* die ouers vir hulle betrokkenheid by Nico Malan hokkie;
* mnr. P.J. Potgieter vir sy belangstelling en ondersteuning;
* ons Hemelse Vader vir sy beskermende hand oor ons deur die seisoen.

Organiseerder: A. Meyer

2011 Uitslae

Nico Malan vs DF Malherbe

Die 2011 hokkieseisoen is Saterdag afgesluit met die interskolewedstryd teen D.F. Malherbe en ons spanne vaar as volg:

O/14 verloor 0 - 1
O/16 A wen 2 - 0 (Lisna Dekker - 2)
O/19 C wen 1 - 0 (Kuschke Mertz)
O/19 A wen 4 - 0 (Jeanie Adendorff, Ingrid Lerm, Carlisle Barker, Cecile Meyer)

Die eerstespan het hulle beste hokkie vir die laaste wedstryd gehou. In 'n uitstekende spanpoging, waarin elke speler 'n ster was, klop hulle DF met die tweede grootste telling in die geskiedenis van Interskole wedstryde. Aletta du Toit word as die Speler van die wedstryd aangewys.


Jeanie Adendorff op spoed

Foto's geneem deur John Wait


Nico Malan vs GLA

O/19D wen 2 - 0 (Larochelle Grove, Amorien Zeelie)
O/19A wen 9 - 0 (Stephanie de Jager, Ingrid Lerm, Caela Barker, Corine Lombard(2), Cecile Meyer (4)


Nico Malan vs DIE BRANDWAG

O/16 C gelyk 0 - 0
O/16 B verloor 0 - 3
O/16 A verloor 0 - 1
O/19 D wen 3 - 0 (doele: Amorien Zeelie(2) en Larochelle Grove)
O/19 C gelyk 1 - 1 (doel: Kuschke Mertz)
O/19 B gelyk 0 - 0

O/19 A
Die wedstryd waarin die twee spanne baie goed teen mekaar opweeg eindig vir die tweede jaar agtereenvolgens gelykop 0 - 0. Albei spanne het hulle kanse gehad, maar albei spanne se verdediging was rotsvas. Caela Barker word as Nico Malan se Speler van die Wedstryd aangewys.


Hokkie vs Andrew Rabie

Nico Malan se o/16C verloor Andrew Rabie se o/19B met 3 - 2

Op die foto Nico Malan se o/16C-span: Marinel Kok, Jancke Beer, Elzahn Claassen, me. Zelda van Niekerk (afrigter), Charné Claassen, Mia van Wyk, Karla de Groot
Kayla Randall, Marlize Grobbelaar, Carla Huysamen, Danielle Falconer, Kelly Armstrong, Lianca le Roux


Foto geneem deur Christa Ferreira


Hokkie vs Theodor Herzl

O/19A wen 6 - 0 (doele deur Carlisle Barker, Stephanie de Jager, Jeanie Adendorf, Cecile Meyer (3) )

Speler van die wedstryd: Cecile Meyer


Nico Malan vs Andrew Rabie

o/16A wen 5 - 1 (Amorie Ackerman - 4 en Estelle Vosloo - 1)


Carolynne Melville, 'n graad 8-leerder van Nico Malan is in die OP o/14A-hokkiespan ingesluit wat gedurende die komende vakansie aan interprovinsiale toernooi in Stellenbosch gaan deelneem.


Foto's geneem deur Christa Ferreira


HOKKIE vs RIEBEECK COLLEGE

o/19A wen 1 - 0 (Cecile Meyer) - Madré Meiring speel uitstekende hokkie en word as speler van die wedstryd aangewys.
o/19B wen 2 - 0 (Ann Wait en Aliche de Lange)
o/16A wen 2 - 0 (Lisna Dekker en Zandrey van der Watt)
o/16B verloor 4 - 0

Corine Lombard van Nico Malan in aksie


Foto's geneem deur John Wait


Die volgende Nico Malan spelers is in die OP-hokkiespanne ingesluit wat gedurende die komende vakansie aan interprovinsiale toernooie gaan deelneem.

Ingrid Lerm (o/18 C), Chrislie Dreyer (o/16 C), Cecile Meyer (o/18 A)

Foto geneem deur Christa Ferreira


HOKKIE vs COLLEGIATE

o/19B verloor 5 - 0
o/19C verloor 1 - 0
o/19D gelykop 0 - 0
o/16A verloor 4 - 0
o/16B verloor 6 - 0
o/16C verloor 4 - 0
o/14 verloor 1 - 0

Ann Wait van Nico Malan in aksie

Foto's geneem deur John Wait


FNB Classic Clashes 2011
o/19A gelyk 3 - 3
o/19B verloor 2 - 1
o/19C wen 2 - 0
o/19D wen 1 - 0
o/16A wen 2 - 0
o/16B wen 7 - 2
o/14-beginners gelyk 1 - 1
o/14C gelyk 1 - 1


HOKKIE VS Despatch

o/19A: 3 - 0 Cecile Meyer (2) en Ingrid Lerm (1)
o/19B: 3 - 0 Aliche de Lange (2) en Marizanne Slabbert (1)
o/16A: 5 - 0 Estelle Vosloo (4) en Amori Ackerman (1)


Cecile Meyer van Nico Malan in aksie.

Fotos geneem deur John Wait


NICO HOKKIE BOKKIES RED LEWENS

Van Nico Malan se eerstespan hokkiedogters wat onlangs saam met hulle afrigter mev. Liebie Meyer bloed geskenk het by die skool.

Cecile Meyer, Elrine Steyn, Stephanie de Jager, Louise du Plessis en mev. Liebie Meyer.


Foto geneem deur Christa Ferreira


NICO MALAN vs DF MALHERBE

Nico Malan VS Gill College verloor 4 - 0
Nico Malan VS Despatch wen 3 - 0
Nico Malan VS Aliwal Noord verloor 3 - 1



Hokkie 2010 | Hokkie 2012