Atletiek

Die seisoen het op 'n hoë noot begin met ons interne byeenkoms waar drie spanne, bestaande uit Dorp, Jeffreysbaai en die Koshuise, teen mekaar meegeding het.

Die interskole-byeenkoms teen D.F. Malherbe word vir die sesde agtereenvolgende jaar deur ons gewen.

Een-en-dertig van ons atlete word in die Cacadu-span ingesluit wat in Port Elizabeth deelneem.

Cecile Meyer en Rosseau Prinsloo word gekies as lede van die Oos-Kaapspan wat in Durban deelneem. 'n Merkwaardige prestasie word deur Cecile behaal deurdat sy die goue medalje wen vir Gewigstoot D o/15. Baie geluk aan haar, haar ouers en afrigter, mev. J. Vermaak.

Baie dankie aan al die afrigters, ouers, atlete en ondersteuners waarsonder die sport nie kan voortbestaan nie. 'n Spesiale woord van dank aan ons borge Dirk Ellis Motors, Humansdorp Toyota en Marquees Tent Hire wat as borge opgetree het by drie van ons byeenkomste. U lojale ondersteuning en gesindheid teenoor die skool en die sport word opreg waardeer.

Organiseerder: C. Zeelie

2011 Uitslae

Cecile skitter!

Dink aan swem - en Natalie du Toit of Ryk Neethling kom onwillekeurig in jou gedagtes ...

Noem die woord "gewigstoot" in Nico Malan - en "Cecile Meyer" sal die onmiddellike antwoord wees. Cecile, gr.11-leerder en o/17-atleet, het in 2011 al talle rekords en prestasies ingeryg.

Sy stel aan die begin van die seisoen 'n nuwe rekord op tydens Nico Malan se kleurebyeenkoms en daarna verpletter sy nog drie rekords - by die Distrik- en Cacadu-byeenkoms en ook by die OP Junior Kampioenskap. Met hierdie byeenkomste stoot sy die gewig oor 'n afstand wat wissel tussen 12,5 m en 13,06 m.

Cecile verwerf twee silwer medaljes tydens die SA Skole en Junior Kampioenskappe en word daarna ingesluit in die SA Jeugspan wat in Namibië aan die Afrika Kampioenskap gaan deelneem. Hier behaal sy haar persoonlike beste prestasie met 'n afstand van 13,38 m en keer as goue medaljewenner terug - Cecile is die Afrika-kampioen!

In Lille, Frankryk gaan neem sy deel aan die Wêreld Jeugspele as lid van die SA Jeugspan. 4 100 atlete van 180 lande neem hier deel. Haar prestasie in Namibië plaas haar onder die 10 bestes in die wêreld.

Cecile se prestasie kan toegeskryf word aan toewyding, deursettingsvermoë en haar uitstekende afrigter, mev. Jules Vermaak.

Buiten haar prestasie op atletiekgebied, is Cecile ook 'n uitblinker op die hokkieveld. Sy is ingesluit in die OP o/18A-hokkiespan, maar moes onttrek weens haar vepligtinge in Frankryk.

Voorwaar 'n Kouga-boorling wat met trots en verwagting dopgehou kan word!


NICO MALAN ONDERWYSER PRESTEER

Mnr. Willem Maré, 'n onderwyser by Hoërskool Nico Malan, is opgeneem in die veteranespan vir OP-Tweekamp.

Foto geneem deur Christa Ferreira


Cecile Meyer, 'n graad 11-leerder van Hoërskool Nico Malan het 'n eersteplek (Gewigstoot Do/17) behaal by die Afrika Jeugbyeenkoms in Namibië. Sy behaal haar persoonlike beste afstand van 13,38 m. Cecile kan haar sukses toeskryf aan harde oefening, selfs gedurende skoolvakansies, en puik afrigting deur mev. Jules Vermaak.

Op die foto spog mnr. Potgieter saam Cecile.

Foto geneem deur Christa Ferreira


SA SKOLE-BYEENKOMS IN PAARL

Cecile Meyer, graad 11-leerder van Nico Malan het by die SA Skole Atletiek in die Paarl 'n silwer medalje gewen met 'n afstand van 13,09m in Gewigstoot D o/17.




NICO MALAN ATLETE WAT DIE OOS-KAAP GAAN VERTEENWOORDIG TYDENS SA SKOLE-BYEENKOMS IN PAARL

Amori Ackerman (90m H Do/15), Mariska Pieters (hoogspring Do/15), Chené Coetzee (hamergooi Do/17), Cecile Meyer (gewigstoot Do/17), Tayla Gardiner (driesprong Do/15) Christiaan Oliphant (400m en 800m So/15), Marcel Barnard (hamergooi S o/15)


Foto geneem deur Charné Butt


NICO MALAN ATLETE WAT OOSTELIKE PROVINSIE BY DIE SA JEUGSPELE IN GERMISTON GAAN VERTOONWOORDIG

Chené Coetzee, Cecile Meyer, Sino Gallant en Kevin van Wyk (Kevin gaan die Oostelike Provinsie ook verteenwoordig by die SA Senior byeenkoms in Durban)


Foto geneem deur Charné Butt


Distrik Atletiekbyeenkoms

Die volgende atlete het by die Distrik Atletiekbyeenkoms puik prestasies gelewer en is onderskeidelik aangewys as die beste atleet vir 'n spesifieke item in sy of haar ouderdomsgroep.

Cecile Meyer (Beste Veldatleet D o/17 - gewigstoot 12,50m), Kevin Botha (Beste Baanatleet S o/19 - 400 m 50,2 sek), Christiaan Oliphant (Beste Baanatleet S o/15 - 800 m 2:05,3 sek)

Amorie Ackerman (Beste Baanatleet D o/15 - 100 m 13,55 sek), Stephanie de Jager (Beste Baanatleet D o/17 400 m 64,2 sek), Marzanne Viljoen (Beste Baanatleet D o/16 - 100 m 14,41 sek en Beste Veldatleet D o/16 - hoogspring 1,50 m), Mariska Pieters (Beste Veldatleet D o/14 - hoogspring 1,48 m en Victrix Ludorum), Leandré Blume (Beste Veldatleet D o/19 - hoogspring 1,40 m)

Dominik Uytenbogaardt (Beste Veldatleet S o/15 - hoogspring 1,60 m), Selvyn Davids (Beste Veldatleet S o/17 - verspring 6,46 m en Victor Ludorum)


Foto geneem deur Abrie de Koning


MARQUEE Byeenkoms
Nico Malan het onlangs 'n atletiekbyeenkoms gehou waar ongeveer 11 hoërskole en 5 laerskole meegeding het. Baie dankie aan mnr. Pieter Cawood van Marquee Tent Events wat hierdie byeenkoms jaarliks borg.

Nico Malanners in aksie tydens die byeenkoms.


Tayla Gardiner


Cornel Steyn


INTERHUIS 2011
BEKERS & TROFEë WENNERS


Agter:
Kevin van Wyk (Senior Victor Ludorum, 400m Seuns), Ulrich Petherbrigde (Skyfwerp Seuns), Ian Groenewald (ontvang die Geesbeker namens die Dorpspan), Christiaan Oliphant (800m Seuns), Luhan Thiart (Spiesgooi Seuns)

Middel:
Amori Ackerman (Naellope Dogters, 100m Dogters), Mariska Pieters (Junior Victrix Ludorum, Beste o/14 Dogtersatleet, Beste prestasie Veld Dogters, Beste Prestasie Hekkies, Hoogspring Dogters), Chené Coetzee (Hamergooi: Beste Dogter), Juan Reynierse (Hoogspring Seuns), Cecile Meyer (Senior Victrix Ludorum, Spiesgooi Dogters, Skyfwerp Dogters), Elrine Steyn (200m Dogters o/19), Stephanie de Jager (800m Dogters, 1 500m Dogters), Natasha van Wyk (Beste prestasie Verspring/Driesprong)

Voor:
Cornel Steyn (Junior Victor Ludorum), Selvyn Davids (100m Seuns, Naellope Seuns), Sino Gallant (1 500m Seuns)

Afwesig: Marcel Barnard (Beste Prestasie Veld Seuns)


Die aksiefoto van die 100m seuns o/19 is geneem deur Anton van Kampen


Atletiek 2010 | Atletiek 2012