Nuus/ News

Nico Malan o/14 teen Grey o/14

Nico Malan kolf eerste en maak 145/6 in 20 boulbeurte. Peet Steenkamp maak 53 van 44 balle, Tian van Huyssteen maak 31 en Gerrit Pretorius maak 20 van 16 balle af.

Grey kolf tweede en is almal uit vir 96. Tian van Huysteen vat 3 paaltjies vir 6 lopies in 4 beurte, Benjamin Loubser vat 3 paaltjies vir 17 van 4 boulbeurte en Andre Adendorff vat 3 vir 19 van 3 boulbeurte af.

Nico Malan wen dus met 49 lopies.

Agter (Van links na regs) Andre Adendorff, Etienne Janeke, Jan-Frans Lötz, Michael Biggs (onder-kaptein), Jonathan Gush, Justin Moolman (Kaptein)
Voor (Van Links na regs) Tian van Huyssteen, Peet Steenkamp, Benjamin Loubser, Pierre Rossouw, Gerrit Pretorius, LP Pretorius

Sirenes loei by Nico Malan se sportdag STEPHANIE HEYSTEK

Ses polisiemotors, 'n ambulans, 'n groot plaaslorrie vol kinders en 'n skoolbus wat in 'n hiepiewa omskep is, het om die pawiljoen op die rugbyveld verskyn. Nico Malan se interhuis het al loeiende begin!

Hordes skoolkinders van Nico Malan in polisieklere, motorfietspakke en plaasboerhemde, het al singende in hul drie kleurspanne, die sportvelde op horings geneem.

Die gees by hierdie interhuis-atletiekdag, was iets om oor opgewonde te raak.

Ten spyte van die hitte, het atlete rekord na rekord verbeter en is daar 'n hele paar wat alreeds kwalifiseer om Nico Malan op internasionale vlak te gaan verteenwoordig.

Elf rekords is onderskeidelik in die 800m, 400m, hamergooi, 90m hekkies, 100m hekkies, 400m hekkies, driesprong en gewigstoot verbeter en kan hierdie sportmanne en-vroue se name in die toekoms nog by groot byeenkomste verwag word.

Die koshuisspan het vanaf die eerste geweerskoot die voortou geneem en het aan die einde van dié dag, ver voorgeloop om uiteindelik stof in almal se oë te skop. Die Dorp het die stokkie vroeg al aan Jeffreys oorgegee en laasgenoemde span het met dertig punte meer, tweede gekom.

Die blou, rooi en wit kleurspanne het egter in die goeie gees van sportmanwees, hierdie dag afgesluit met 'n gesamentlike gebed en as eenheid die skoollied uit volle bors gesing.

Met so 'n suksesvolle naweek agter die rug, kan die skool net uitsien na die 4de Februarie se groot interskole atletiek wat Nico Malan hierdie jaar vir die eerste keer aanbied. Die Brandwag (Uitenhage), Framesby (P.E.) en Nico Malan, gaan op hierdie dag almal kompeteer vir die wenbeker. Nico Malan se atletiek trek dus 'n nuwe baadjie aan. Ons sien uit na hierdie mededingende sportdag.

Jeanie Adendorff (links) en Marzanne Viljoen (regs) (geneem deur Abre de Koning)

Christiaan Oliphant (geneem deur Abre de Koning)

Op julle merke, gereed, gaan... (geneem deur Abre de Koning)

Na afloop van die byeenkoms sê al die spanne dankie vir talente en gawes. (geneem deur Abre de Koning)

Christiaan Oliphant (links) en Cornel Steyn (regs) (geneem deur Abre de Koning)

Cecile Meyer (geneem deur Abre de Koning)

Jack Thomas (geneem deur Abre de Koning)

Jeanie Adendorff (geneem deur Abre de Koning)

Robyn Moolman (links) en Carla Oliphant (regs) (geneem deur Johann Potgieter)

Marike du Toit en Luhan Verwey ontvang die wentrofee namens Huis Meiring en Lushof (geneem deur Antonie de Koning)

Mariska Pieters, Chené Coetzee, Cecile Meyer, Christiaan Oliphant, Déhan Dumas, Marcel Barnard, Sino Gallant
Tayla Gardiner, Danielle van Os, Stephanie de Jager, Tania Oelofse, Anél Norval, Selvyn Davids
Jack Thomas, Peet Steenkamp, Tertius Groenewald (geneem deur Antonie de Koning)

STOCK CARS/STAMPMOTORS

PE OTR het Saterdagaand hulle jaarlikse prysuitdeling gehad. By 'n glasngeleentheid is al die wenners vir die jaar aangekondig. Nastasha Whitehorn - 15 jr - het 'n ster teen die muur gekry vir Algehele wenner in die Mini klas vir 2011 , asook 'n sertifikaat vir 100% Race attendance vir die jaar en dan die groot prys : EERSTE vir die jaar in die Mini klas.


KLAVIEREKSAMEN

Twee leerders van Hoërskool Nico Malan het hul onderskeie klaviereksamens met lof geslaag. Hierdie leerders word afgerig deur mev. Wilma Koekemoer.


Links Suné Potgieter (Graad 4 Klavier) en regs Carlene Schoeman (Voor Graad 1 Klavier)
Foto geneem deur Christa Ferreira

NMMU ERKENNING FUNKSIE

Ann Wait is genooi na 'n erkenningsfunksie wat NMMU vir die streekfinaliste van die 2011-Rekenarolimpiade gereël het. Ann was in die top vier in die Oos-Kaap en het deurgedring na die finale ronde van die Rekenaarolimpiade.


QUADRATLON: NICO MALAN HET OEMF!

Die afgelope naweek het vier van Nico Malan se spanne aan 'n vierkampkompetisie deelgeneem in St Francis Baai. Die spanne het uitstekend gevaar-veral die onderwysers as die superman-span!

Die resultate was as volg:

Die onderwysers behaal 'n algehele 2de plek. Mnnre. Gerrit Pietersen, Willem Maré en mev. Suretha Verwey het uitstekende tye behaal.

Die o/16-gemengde span behaal 'n algehele 1ste plek! Baie geluk Roeltin Louw, Regard Viljoen, Anja Franzsen en William Cele.

The grade 8 D boys, Jamie Loots, Luke Bester, Oswin Browne and Reece Peacock received a bronze medal in the u/16 boys event.

Jamie received a silver medal in die individual competition, doing all 4 disciplines by himself.

Die o18-gemengde span ontvang ook 'n silwer medalje. Jeanie Adendorff, Marzanne Viljoen, Waldo en Ruan van Huyssteen was die lede van die span.

Dit was die eerste keer dat Nico Malan aan hierdie kompetisie deelgeneem het en verdere deelname word definitief beplan.


NICO MALAN'S SURFING CHAMP

Tahra Uren competed for the Eastern Province Surfing Team at the South African Junior Surfing Championships in Durban from 3 to 9 October 2011. She competed in the under 15 girls division where she surfed excellently to win her division. Tahra is thus the South African Surfing Champion in the under 15 girls division for 2011.



HOëRSKOOL NICO MALAN PRYSUITDELING 2012

HOOFLEIERS 2012

Tremayne de Jager (onderhoofseun), Luhan Verwey (hoofseun), Ann Wait (hoofdogter), Shirley Louise du Plessis (onderhoofdogter)


DUX-LEERDER 2011

Kevin Botha


SPORTMAN EN SPORTVROU VAN DIE JAAR

Selvyn Davids en Cecile Meyer


VEELSYDIGSTE SPORTMAN EN VEELSYDIGSTE SPORTVROU VAN DIE JAAR

Luan Nieuwoudt en Cecile Meyer


Foto's geneem deur Janet Snyman