UITVOERENDE KUNSTE: TONEEL

Drie toneelgroepe se opvoerings het vanjaar deel uitgemaak van die Kultuuraand.

Marcia Boyens, veteraanspeelster van Nico Malan, is in Die Pettie-krie Koei 'n uiters oortuigende Ralie. Sy probeer Gert (JP Myburgh) laat verstaan dat hulle nie meer met prulle moet boer nie, maar met 'n pettie-krie koei wat vir hulle baie meer in die sak gaan bring. Gert sukkel hom gedaan om uit te vind waar die koei (Jeanne Smith) se pettie-krie sit ... As die koei vir Gert en die melkemmer omskop, kom Gert se aggressie na vore ... en die melkery tot 'n einde!

"Gee jou hart vir Sneeuwit" is 'n moderne weergawe van die alombekende sprokie, "Sneeuwitjie". Net soos in die oorspronklike verhaal probeer die wrede stiefma (Mia van Wyk) haar bes om van Sneeuwit (Mariné Nel) ontslae te raak. Gelukkig het Sneeuwit ses lojale dwergies (Jené Lötter, Athenkosi Nakupi, Casey Rheeder, Armand de Lange, Christelle du Plessis en Chrisna Meyer) aan haar kant, wat haar deur dik en dun bystaan. Stiefma se slinkse planne word deur Elvis (Erwee Latsky), wat eintlik 'n ogie op Sneeuwit het, uitgevoer. Die singende prins (Erastus Beukes) is egter die ridder wat Sneeuwit se hart aan die einde steel. Arme Pappie (Alandré van Rooyen) besluit dat sy lewe veiliger is in Orania saam met Sus (Ineke Meyer) en Boet (Jason Rousseau).

In Pendoring Edms. Bpk. lewer Brémer Pauw as Gert Klopper en Shirley Louise du Plessis as Sarie Verster skitterspel. Gert - 'n man wat graag kortpad met die taal vat - is dolverlief op sy meisie, Afrikaans, en raak gou-gou omgekrap as enigiemand "aan sy meisie vat". Hy is dikwels 'n knorrige raadgewer aan sy talle kliënte wat hom skakel of besoek: Elzet (Jomari Ferreira), die Engelssprekende en haar sekretaresse (Louise du Plessis en Elnie Gouws), Karen (Cecile Meyer), die letterverwer (Christine Kritzinger en Jandré du Plessis), prof. Louw (Ann Wait), dr. Buys (Mia van Wyk), prof. Niemand (Erastus Beukes), Janine en haar bode (Luané Vermaak en Jancke Bouwer) en Cornelia (Carina Cilliers).

Sarie - Gert se sekretaresse, tikster, telefoniste - probeer alles in haar vermoë om Gert se aandag te trek, maar blykbaar tevergeefs... Sy nooi hom een aand na 'n restaurant waar die kelnerin (Marinel Kok) sukkel met Gert se "gim", sy vertaling vir "ginger ale"! As twee van Sarie se oudkollegas - André (Shaun Barnard en Luhan Verwey) en Pietman (Mark Scholtz) - die restaurant se "kotelette" aanbeveel en Gert op sy tipies kortaf manier dit "tjops" noem, word Sarie moeg vir sy meisie "vir wie sy nie kan klap of krap nie". Slaggereed reageer sy weer op sy advertensie vir "'n meisie wat ... twee sinne met een woord kan saamvat". Gert trap mooi in haar strik as sy die twee sinne: "Ek min jou. Trou met my." saamvat in een woord: "Ja."

2011 Uitslae

Wêreld kampioenskappe vir uitvoerende kunste

Marili Olivier , 'n graad 10-leerder het Suid Afrika gaan verteenwoordig by die wêreld kampioenskappe van die uitvoerende kunste in Los Angeles Amerika in die drama afdeling. Sy het aan 10 items gaan deelneem waarvan sy 6 goud, 1 silver en 1 brons medalje verower het.

Sy is ook aangewys as die algehele junior aktriese in die komiese afdeling.

Sy het ook die "industry award" gekry wat slegs aan deelnemers gegee is met 'n punt van 95% en hoër.



DESPATCH KUNSTEFEES

Rebekah Chen, graad 8-leerder van Hoërskool Nico Malan spog met haar twee goue sertifikate (Graad 5 Klassiek en Graad 5 Barok) en 'n goue sertifikaat vir klavier (program Graad 4 en 5) wat sy verwerf het by die Despatch Kunstefees vir blokfluit.


Foto's geneem deur Christa Ferreira


UITVOERENDE KUNSTE

Marili Olivier, 'n graad 10-leerder van Hoërskool Nico Malan het die Oostelike Provinsie onlangs verteenwoordig by die Suid Afrikaanse Kampioenskappe van die Uitvoerende Kunste, drama-afdeling. Marili het 9 goud, 4 silwer en 5 brons medaljes verower. Sy is ook aangewys as die algehele wenner van die ouderdomsgroep 13 - 15 waarin sy gekompiteer het. Marili is gekies om Suid Afrika te gaan verteenwoordig by die Wêreld Kampioenskap van die Uitvoerende Kunste in Los Angeles gedurende Julie hierdie jaar.



2010 Uitslae

Uitvoerende Kunste

Marili Olivier het Suid Afrika verteenwoordig in die Drama afdeling van die Wêreld Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste wat 11 - 27 Julie in Los Angeles gehou is. Marili het aan 10 items deelgeneem, 5 solo's en 5 klein groepe, en het 'n medalje vir elke item gewen. Die medaljes sluit in 3 goud, 4 silver en 3 brons. Marili het ook die 'Overall Junior Actors Award' in die Dramatical afdeling gewen vir haar solo optrede wat handel oor kinder molestasie. Verder is die groep waarvan Marili deel was ook aangewys as die "Overall Senior Acting Group" in die Dramatical en Contemporary afdelings. Marili het ook die "Industry Award" gewen, wat slegs aan die individuele deelnemers genee word met 'n punt beter as 90% in 'n solo optrede. Marili het ook die Semi Finale rondte gehaal om die beste Junior deelnemer in enige afdeling van die kompetisie te indentifiseer. Marili is ook genader deur agente van Hollywood en New York wat in belangstel.