JOT (JESUS OUR TEACHER)

Vision: To present Jesus Christ as Saviour to every young person in our school.

What is JOT?

JOT is an opportunity for the Church to join hands with the school and be involved in the Christian education of our youth.

Ons leerders word op verskeie terreine toegerus om sodoende uit hulle verhouding met Jesus Christus te funksioneer.

Ons besef dat ouers ook toerusting nodig het. Ongebalanseerde, oningeligte en onbetrokke ouers dra by tot die emosionele pyn wat tieners moet hanteer. Hierdie jaar het ons begin met ouertoerusting, met die Johan Smith-naweek. Die oueraand, gesprek met die hele skool, personeeltoerusting, pa-en-seun-aand en die erediens was tot seën vir ons skool. Die ouergebedsgroep is 'n belangrike rat in die JOT-bediening.

Daar word ook persoonlike gesprekke met leerders gevoer om hulle te begelei in die hantering van persoonlike krisisse en om net na hulle harte te luister.

Dit is 'n groot voorreg om saam met jeugwerkers, geestelike leiers en ouers van ons verskillende kerke te werk om ons leerders te begelei en toe te rus om in 'n regte verhouding met God, mekaar en hulleself te leef.

'n Spesiale woord van dank aan al die gemeentes in ons voedergebied wat die leerders en die skool finansieel en andersins ondersteun. Die samewerking tussen skool en kerk is uitstekend en ons dank u daarvoor.

Verantwoordelike opvoeder: M. Dreyer
Week Events
26 Julie Bloedskenk Skoolsaal
Huis Meiring Glansaand (18:30) Kultuursentrum
 
27 Julie Landloop: Liga 5 Pellsrus
Rugby en Hokkie: Barnards' Castle (Engeland) Nico Malan
 
28 Julie Musical Trivia (18:30) Skoolsaal
 
29 Julie Sokkie (Matriekafskeid) Skoolsaal
 
30 Julie - 1 Aug Netbal: Nasionale kampioenskap Johannesburg
 
31 Julie Landloopliga Sondagsrivier
Landloop: Kouga-kampioenskap Nico Malan
Rugby, Hokkie en Netbal: Brandwag Brandwag
 
Cick here for the Code of Conduct, Admission Application 2010 and Subject Choices 2010 PDF documents.
For all the previous news, check the relevant tabs.
Latest update:
News Tab: News