Kultuur buitemuurs

Kouga balletster verwerf groen en goud

Tydens die afgelope Aprilvakansie het, Lise Britz (15), 'n student van die Robyn D'Arcy School of Ballet, en 'n leerling van Hoërskool Nico Malan uitsonderlike prestasies behaal by die Suid Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste, wat gehou was te Rustenburg in die Noord Wes Provinsie.

Lise Britz het die Oostelike Provinsie verteenwoordig by die nasionale kampioenskappe, en het 'n algehele eerste posisie en goue medalje verower vir jazz dans, 'n algehele tweede posisie en silwer medalje vir "lyrical" dans, 'n algehele derde plek en brons medalje vir "musical character" dans, asook 'n algehele derde plek en brons medalje vir ballet in die ouderdomsgroep 13 tot 15jaar.

Hierdie uitsonderlike danser was ook gekies vir die amptelike Suid Afrikaanse nasionale span wat Suid Afrika later vanjaar sal verteenwoordig by die Wêreld Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste. Die internasionale kampioenskappe vind plaas gedurende Juliemaand in Los Angeles, Verenigde State van Amerika, en word beskou as die "Olimpiese Spele" van die vermaaklikheidsbedryf.

Tydens die nasionale kampioenskappe het die uitsonderlike voorreg Lise te beurt geval om gekies te word om 'n solo te dans by die "grande finale" van die kampioenskappe en het sy ook 'n goue medalje vir haar deelname aan die "Beyond 2000" dansgroep verwerf.

Lise dans al vandat sy drie jaar oud was, en is die verwerwing van die groen en goud die verwesenliking van 'n lang gekoesterde ideal vir haar sowel as haar afrigter.


Week Events
4 Sept Landloop: Provinsiaal Umtata
 
Cick here for the Code of Conduct, Admission Application 2010 and Subject Choices 2010 PDF documents.
For all the previous news, check the relevant tabs.
Latest update:
News Tab: News
Kultuur Tab: Koor