Debatvoering vind tans op 'n meer informele basis plaas soos wanneer Nico Malan meeding met D.F. Malherbe tydens interskole om vas te stel watter span hul standpunte die beste aan die gehoor oordra. Dié tradisie beloof om nog 'n paar jaar voort te leef as een van die bes ondersteunde items in die kultuurgedeelte van die interskole.
2011 Uitslae
|
Nico Malan het vir die eerste keer debatspanne ingeskryf in die ATKV se debatskompetisie. Daar is drie spanne van twee sprekers elk. Al drie spanne het hulle debat gewen en Marike en Shirley-Louise het deurgedring na die halfeindronde wat op 11 Junie plaasvind. Baie geluk aan al die deelnamers.
Mev. Elize Heystek, mev. Althea van den Berg, Mia van Wyk, Werner Baumann Shirley Louise du Plessis, Marike du Toit en Mariné Nel
|

