VCSV

Ons is dankbaar teenoor die Hemelse Vader vir die groot entoesiasme wat daar in Nico Malan heers t.o.v. VCSV

Die CSV-byeenkomste word gedurende 'n verlengde pouse aangebied. Ons vind dat hierdie reeling uitstekend werk en ongeveeer 55 kringleiers kom gereeld in groupies van 4-8 leerders bymekaar om Bybelstudie te doen.

Die krinleiers wat die kringe aanbied, is aan die begin van die jaar by 'n kringleierseminaar opgelei. Melding moet gemaak word van hulle getrouheid en entoesiasme. Dit bly 'n ongelooflike gesig om die kringe oral op die skoolterrein te sien en te weet hulle is met die Woord besig.

Verskeie jeug- en diensjaargroepe en sprekersbedien gedurende die jaar die ede met sang en ander items. Leerders het ook geleentheid gehad om verskeie kampe by te woon, waaronder The Amazing Race Triathlon Challenger, waartydens hul verskeie gebiede bv. Namibië en Botswana besoek, asook die Fear factor-kamp.

Met hartseer het ons afskeid geneem van Ds Willem Lubbe wat die normaalklas getrou aangebied het. Ons wens hom net die beste vir die toekoms toe. Ds. Johan Steenkamp van die Jeffreysbaai N.G. kerk het goedgunstiglik ingewillig om die taak oor te neem en ons heet hom hartlik welkom. Inneke Meyer tree vanjaaar op as leerdervoorsitter.

Johannes Wagner wat hom hierdie jaar nut by die oos-Kaap-span gevoeg het, loods 'n 20 to Truth Project by 20 skole in die oos-Kaap waarvan Nico Malan een is.

Verantwoordelike opvoeder: M. Lombard