Huis Meiring bied elke inwoner die geleentheid om haar volle potensiaal te bereik, en alles aan te pak wat oor haar pad kom. Hier ontdek ons nuwe dinge, aanvaar ons verantwoordelikheid en neem mekaar in ag. Huis Meiring is elke inwoner se huis waar sy kan tuis voel. Ons glo, vertrou en weet dat die inwoners hul tyd hier baie prettig en interessant sal vind.
Superintendent: Kotie Oosthuizen
Matrone: Estelle Oosthuizen
Die koshuislied
As die Maandag my kom haal en my mamma my nie soek nie,
as my hoshuis tas daar staan en 'n nuwe week begin,
begrawe my hart in Huis Meiring se tuin en strooi my as
oor die koshuis wasgoedlyn...
Jy het nie toiletpapier nie en jy het nie 'n krediet
kaart nodig nie...
Om in die koshuisgang soos 'n kind te baljaar en
in die verte in na Lushof te staar. Die gelukkigste
wat ek ooit was
op die naat van my rug op my koshuismatras,
die HK skree my naam en deur die kaste wat klap... hoor ek
Snoekie se blaf.