Credo
Gerotsves in die Woord van God, trag die Hoërskool Nico Malan om vir sy leerlinge 'n verrykte gees te skep, om hulle toe te rus met 'n waardesisteem wat hulle in staat stel om die lig van kennis, offervaardigheid, dienswilligheid en liefde vir die eie uit te straal.
 
Visie
Strewe na uitnemendheid deur die totale ontwikkeling van 'n trotse en gebalanseerde kind volgens Christelike waardes.
 
Nico Malan hou Avontuurdag
 
Op Saterdag 25 Februarie 2012 loods Hoërskool Nico Malan 'n fondsinsamelingsprojek ten bate van die matriekafskeid.

Die pretdag, wat plaasvind op die plaas Groenvlei, behels die volgende:

4x4-pretrit R 200/ voertuig (maks 4 persone)
Vierwielmotorfiets halfdagroete R 100/ motorfiets
Hengelkompetisie R 50/ persoon inweeg 15h00
5km-bergfietspretrit R 30/ persoon
15km-bergfietspretrit R 50/ persoon

Spitbraai (16:30) met slaaie en potbrood R 70 (R 35 kinders onder 12)

Prysuitdeling (16h00)

Besprekings: Hoërskool Nico Malan - mev. Christa Ferreira 042 2951130
 
ONDERWYSPOS: Beheerliggaam
 
Aansoeke word ingewag om die volgende vakature te vul:
Wiskunde Graad 8 - 12
Fisiese Wetenskappe Graad 10 - 12

LET WEL:
- Indienstredingdatum: 10 April 2012 (DV)
- Aanstellings word gedoen deur die beheerliggaam op jaarlikse basis
- Medium van onderrig: Afrikaans en Engels
- Aansoeke sluit om 12:00 op Vrydag 2 Maart 2012
- Afrigting van sportspanne sal as 'n sterk aanbeveling dien.
- Faks of e-pos u CV met toepaslike opleiding, ervaring en ten minste twee verwysings aan:
Die Skoolhoof
Hoërskool Nico Malan
Du Plessisstraat 42
HUMANSDORP
6300
- Faksno. 042 2910411 / E-pos: nicomalan@gmail.com
- Verdere navrae: Tel. 042 2951130 (skool-ure)
 
2011 MATRIEKUITSLAE
 
Die 2011-matriekeksamen het baie vlot verloop by die Hoërskool Nico Malan en die skool is baie trots op die puik uitslae.

Al 175 kandidate wat vir die eksamen geregistreer was, het geslaag en het sodoende gesorg dat die 100% slaagsyfer weereens gehandhaaf is.

16 Leerders het met 'n gemiddelde A-simbool geslaag. Drie van hierdie leerders, Kevin Botha, Stephanie Louw en Erwee Latsky spog met 7 onderskeidings elk.

117 Kandidate slaag met matrikulasievrystelling en voldoen dus aan die minimumvereistes vir 'n Baccalaureus graad terwyl 'n verdere 40 kandidate voldoen aan die vereistes vir diploma of hoër sertifikaatstudie.

Die skool is werklik baie trots op die prestasies van hierdie leerders en sal hulle vordering in die toekoms met groot belangstelling volg.
 
HOëRSKOOL NICO MALAN SE UITVOERENDE KOMITEE VIR 2012
 
Jandré du Plessis, Tremayne de Jager (Onderhoofseun), Wian Pienaar
Luhan Verwey (Hoofseun), Lean de Vos, Christaan Prinsloo, Xanti Malangeni
Brémer Pauw, Jaco Olivier, Cecile Meyer, Anathi Mbalula
Chanélle Engelbrecht, Elrine Steyn, Marisa Coetzee, Marike du Toit,
Shirley Louise du Plessis (Onderhoofdogter), Carina Cilliers
Alissa Jooste, Mariné Nel, Stephanie de Jager, Carla Oliphant,
Ann Wait (Hoofdogter), Ingrid Lerm
Inlas: Zani Stoffberg



Foto geneem deur Christa Ferreira

Locations of visitors to this page