Wiskunde:

Wiskunde is 'n menslike aktiwiteit wat deur alle kulture beoefen word. Wiskunde is gebaseer op waarneming van patrone en logiese denke wat lei tot teorië en abstrakte verwantskappe. Wiskundige probleemoplossing stel ons in staat om die wêreld te verstaan en om daarvan gebruik te maak in alledaagse lewe.

Die doel van Wiskunde is 'n dissipline in eie reg en vestig kennis sonder noodwendige toepassings in die lewe. Ondersoeke, veralgemening en bewyslewering is belangriker as die verwerwing van leerinhoud. Dit stel die leerders in staat om te kommunikeer deur simbole, tabelle, diagramme en beskrywings in woorde.

Wiskundige vaardighede word gebruik om probleme kreatief te identifiseer en op te los.

Die vakgroep bestaan uit 7 leerkragte:

- Mev. P. Olivier Vakhoof (Gr. 8 - 12)
- Me. C. Butt (Gr. 8 en 9)
- Mev. F. du Toit (Gr. 8 - 10)
- Mev. H. Loubser (Gr. 8 - 12)
- Mnr. van Dyk (Gr. 8)
- Mnr. H. Vermeulen (Gr. 10 en 11)
- Mev. M. Voster (Gr. 9 - 11)

Die volgende webwerwe kan besoek word:

Wiskunde speletjies: www.coolmath-games.com.
'DIE OPLOSSING', nuttige selfstudie hulpmiddel kan bestel word by www.wistan.co.za.
Besoek gerus die volgende webwerf vir inligting, vraestelle, nuwe CAPS-dokumente, wekkaarte en nog baie meer: www.skoolwiskunde.co.za.
Die vorige jare se departementele wiskunde vraestelle (Hoofsaaklik Gr. 10 - 12) kan afgelaai word by:
www.thutong.doe.gov.za;
www.eccirrucilum.co.za.