Ingenieursgrafika en ontwerp:

Die vak word in Gr. 10 tot 12 aangebied.

TOELATINGSVEREISTES

- Slegs 38 leeders word per jaar in gr. 10 toegelaat.
- 'n Gesonde belangstelling in teken en ontwerp met 'n tegniese belangstelling.
- 'n Leerder (gr 11 en gr 12) kan nie die vak neem indien hy/sy die vak nie reeds vanaf gr. 10 geneem het nie.
- 'n Goeie akademiese rekord met Wiskunde as aanbeveling.

SILLABUSINHOUD

Ingenieursgrafika en ontwerp vervang Tegniese Tekeninge, soos dit bekend was in die vorige kurrikulum. Die vak is baie praktyk georiënteerd en die volgende tekenaspekte (tegnieke) word behandel:

- Siviele Tekeninge (Huisplanne, Elevasies en Deursnee)
- Elektries (Eenvoudige stroombane en elektriese simbole)
- Meganiese Tekeninge (Deursnee en samestelling van masjienonderdele)
- Prentaansigte (Isometries, skuinsaansigte en perspektief)
- Lokusse: Deurdringings, Ontwikkelings en Meganismes
- CAD: Leerders hoe om met AutoCAD (op die rekenaar) te teken. Die AutoCAD program word jaarliks hernu.

'n PAT projek (Praktiese Assesseringstaak) moet in elke graad voltooi word.
'n Praktiese Assesseringstaak is ontwerp om 'n leerder se vermoë om kennis te integreer en toe te pas, te ontwikkel en om vaardighede en bevoegdhede te demonstreer. Met die insluiting van die PAT in Ingenieursgrafika en -ontwerp word die leerder 'n geleentheid gegee om kennis, vaardighede en waardes op 'n kreatiewe manier in die ontwerpproses, soos uiteengesit in die Nasionale Kurrikulumverklaring, toe te pas.
Die verskillende komponente van die Ingenieursgrafika en -ontwerp PAT gee die leerder 'n geleentheid om deur die voorlegging van die vereiste tekene die vlak van tekenvaardigheid wat in al die toepaslike tekentegnieke bereik is, te demonstreer.

Elke Ingenieursgrafika en -ontwerp Praktiese Assesseringstaak bestaan uit twee dele:

- Deel A: Die Ontwerpproses
- Deel B: Vereiste Voorleggingstekene

PAT 2010


BEROEPSMOONTLIKHEDE

Alle ingenieursrigtings, argitektuur, ingenieursontwerper, tekenaar, opmeter, bou-rekenaar en nog vele meer. Uitstekende entrepreneursmoontlikhede

- Argitektuur
- Ingenieurswese
- Tekenaar
- Landmeter
- Verskeie ander ambagte

UITSLAE

Leerders vaar uitstekend in die vak. Uitslae van die afgelope paar jare is as volg.

MATRIEKUITSLAE vir IGO

JAAR LEERDERS GEMID. A B C D E
Nov. 2008 32 76.2 13 9 8 2 0
Nov. 2009 31 78.4 12 13 4 2 0
Nov. 2010 30 78.5 15 9 5 1 0
Mrt. 2011 1 94 1 0 0 0 0
Nov. 2011 37 78.9 19 11 5 1 0
TOTAAL 131 60 42 23 6 0