Natuur- en Skeikunde:
Daar is maar altyd die persepsie dat Natuur- en Skeikunde baie moeilik is en net vir die baie "slim" kinders bedoel is. Dit is nie heeltemal waar nie. Dat dit wêreldwyd as van die ingewikkeldste vakke gereken word, kan nie betwis word nie, maar met die regte onderrig en ondersteuningsmateriaal kan dit baie makliker gemaak word. Watter leerder kan sukses behaal? : dié wat deurlopende aandag gee, behoorlike opsommings maak en sorg dat die werk gereeld gedoen word. Skeinat vereis logiese denke, die vermoë om die abstrakte konsepte te kan verstaan en om natuurlike konsepte te kan interpreteer.
Wat maak 'n leerder met Skeinat na skool, is die vraag wat baie gevra word. Baie leerders maak beroepskeuses vir verdere studie in ingenieurswese, mediese beroepe soos dokters, tandartse en aptekers, vlieëniers, voedselbereiding, landboutegniese ondersteuning en vele ander beroepe.
Ons leerders betree die akademiese wêreld met 'n soliede wetenskaplike agtergrond en die korrekte leermetodes om die hoë vereistes wat aan hulle gestel word, te kan bemeester.
In die nasionale eksamen vir graad 12 is Natuur- en Skeikunde een van die nasionale vraestelle, dus is daar net een vraestel vir almal in SA. Nico Malan se HG-kandidate handhaaf 'n gemiddeld van 66% vir ±20 leerders. Die SG-leerders handhaaf 'n gemiddelde van 65%. Ons het verlede jaar (2006) 33 leerlinge gehad wat HG geneem het. Daar was 10 A's op HG met 'n gemiddeld van 69,9%.
Daar word vir die CASS baie moeite gedoen en die 8 praktiese werkstukke word meestal in die aande afgehandel. Nico Malan se Natuur- en Skeikunde afdeling is een van die beste van die skole in die Oos-Kaap a.g.v. sy toegewyde leerders.
8 - 14 Februarie:
| 12-13 | Provinsiaal Port Elizabeth |
| 13 | Gill Sportdag Somerset-Oos |
Cick here for the Code of Conduct, Admission Application 2010 and Subject Choices 2010 PDF documents.
