Rekeningkunde:

Die aard en funksie van Rekeningkunde

Aan die Hoërskool Nico Malan streef ons na die ontwikkeling van rekeningkunde op verskeie terreine om by die steeds veranderende behoeftes aan te pas. Daar word baie klem gelé op die ontwikkeling en verbetering van logiese, beredeneerde denke.

Die behoefte aan finansiële inligting in die ekonomiese besluitnemingsproses asook die verskillende stadiums in die rekeningkundige proses en die resultate wat daaruit voortspruit, maak Rekeningkunde 'n onontbeerlike vak vir die moderne leerder.

Rekeningkunde word gebruik as medium waardeur finansiële inligting versamel, verwerk en as basis vir besluitneming gekommunikeer word.

Graad 8 en 9

Ekonomiese Bestuurswetenskap word as leerarea verken en bemeester:

Rekeningkunde vorm 'n integrale deel van die leerarea EBW. Die opteken van data vanaf brondokumente in hulpjoernale, die oorboeking na die grootboeke, opstel van proefbalanse tot die verslagdoening van finansiële resultate en posisie word in hierdie fase beklemtoon.

Grade 10, 11 en 12

Rekeningkunde as vak:

Rekeningkunde as vak, verdere studie in die vak en die moontlikheid dat dié vak vir die leerders werk kan verseker, word deeglik deur die Hoërskool Nico Malan besef. Om hieraan gestalte te verleen en om die belangrikheid te onderstreep, verskyn Rekeningkunde in meer as een groep in die vakkeuse van die skool.

Vanaf gr. 10 tot gr. 12 word alle joernale, die oorboeking na die grootboeke en die opstel van proefbalanse afgehandel. Die jaareind-aansuiwerings word behoorlik bestudeer en finansiële state word opgestel en ontleed. Daar word na die volgende ondernemingsvorme gekyk: eenmansaak, vennootskap, publieke maatskappy en beslote korporasie. Verder word sportklubs ook behandel.
Week Events
8 - 14 Februarie:

12-13 Provinsiaal Port Elizabeth
 
13 Gill Sportdag Somerset-Oos
Cick here for the Code of Conduct, Admission Application 2010 and Subject Choices 2010 PDF documents.