Kuns en Kultuur:

Die doel van Kuns en Kultuur is om leerders 'n algemene opvoeding in kuns en kultuur te gee; om kreatiwiteit in kinders aan te moedig en om hulle toe te rus om verantwoordelike landsburgers te wees. 'n Paar unieke eienskappe van Kuns en Kultuur sluit in:

'n Geleentheid om die verskeidenheid kulture in S.A. te leer ken. Leerders word blootgestel aan baie kulture en hulle geskiedenis.
Ontwikkeling van kunsgeletterdheid sodat leerders kan oplet, beweeg, praat en verstaan op 'n unieke kreatiewe manier.
Blootstelling aan 'n wye spektrum van kunsvorms soos visuele kuns, musiek, dans en drama.

Kuns en Kultuur streef daarna om historiese wanbalanse te herstel en om nasie-bou te verstewig.

Visuele Kuns:

Kuns word sedert 1997 as vak aan die Hoërskool Nico Malan aangebied.

Die huidige uitkoms-gebaseerde onderrig is daarop gemik om leerlinge te lei in persoonlike navorsing en te ondersteun tot insig in die intergrasie van Westerse en Suid-Afrikaanse omgewings-invloede. Hierdie kennis en insig word gekanaliseer tot die ontwikkeling van nuwe vaardighede in Tekenkunde, Skilderwerk en die fundamentele beginsels in nie alleen die skone kunste nie, maar ook in argitektuur en kunsvlyt.

Die analisering en kritiese evaluering van inligting moet lei tot kreatiewe denke in onbekende situasies en dit vind uiting in eksamen-situasies sowel as praktiese projekte en kunswerke in 'n persoonlike portefeulje.

In die huidige era is Konseptualisme die benadering wat meesal ge-eksamineer word in Praktiese Visuele Kuns.

Teken- en skildervaardighede moet deur middel van talle prosesse ontwikkel word. Studente moet dus onder leiding eksperimenteer met 'n verskeidenheid media en tegnieke om in matriek veelsydig, oorspronklik en individualisties te kan wees.

Die grootste uitdagings is tydsbestuur en tegniese afronding.

Ter voorbereiding van die finale matriekeksamen in 2011, is daar dwarsdeur die jaar onder andere herhaaldelik werksessies gedoen i.v.m. ARGITEKTUUR.

FACEBOOK FAST FORWARD

Uiteindelik het die leerlinge mekaar via FACEBOOK op hoogte gehou van die jongste verwikkelinge in Argitektuur en met mekaar opsommings uitgeruil, nadat individue onderskeidelik vir die navorsing van verskillende aspekte verantwoordelikheid aanvaar het.

Die Finale Praktiese Vraestel wat die Onderwysdepartement versprei het, had die tema "Tuiste". Wat `n uitdaging vir leerlinge wat nou die bekende moet verlaat en die onseker toekoms moet betree! Vir talle was dit `n kykie in die truspieël voordat hul vorentoe kon gaan. Lizelle van Zyl kon waagmoedig die laaste skooltree verbeeld as die eerste trappie na haar nuwe tuiste.

Ciske Vorster captured the moment just before putting on her "Big Girl Shoes". Hopefully examination timetables will once again allow a formal exhibition of the Visual Arts Practical as in previous years.

The Grade 10 & 11 students focused on "Art with a Message" during one term, and are now very creative with Conceptual work. They also joined the Grade 10 learners for a Practical workshop in Expressionism, where the approach of Ephraim Ngatane was thoroughly analized and then a specific work was reproduced in order to improve technical abilities.

Op 4 Augustus het tien van die Graad 10 leerlinge deelgeneem aan 'n Kunskompetisie wat deur Jeffreysbaai se VLV aangebied is en pragtige uitbeeldings uitgestal van die gedig "Amakeia", deur ons bekende A.G. Visser.

Die intieme kuns-familie het 'n wonderlike jaar ervaar en ons sien almal uit na welverdiende rus en daarna, al 2012 se verrykende uitdagings.

Kuns uitstalling 2011

Kuns uitstalling 2010