Graad 8 - 9

Die volgende agt leerareas word gedek in elke graad:
1. Afrikaans Huistaal
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
English Home Language
English First Additional Language
2. Wiskunde
3. Natuurwetenskappe
4. Sosiale Wetenskappe
5. Kuns en Kultuur
6. Lewensoriëntering
7. Tegnologie
8. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
 
LET WEL:
Musiek:
  • Kan addisioneel tot die graad 8- en 9- kurrikulum geneem word.
  • Omdat dit 'n spesialisvak in graad 10 tot 12 is, is dit verpligtend dat leerders wat hierin belangstel, reeds in graad 8 en 9 dit neem.
  • Hierdie vak maak nie deel uit van die gewone kurrikulum vir graad 8 en 9 nie en sal dus nie 'n effek op leerders se bevordering hê in graad 8 en 9 nie.
  • Die basiese skoolgeld dek nie die koste verbonde aan hierdie vak nie en 'n aparte bedrag is betaalbaar.
  • Onderrig geskied ná gewone skoolure.