Biologie / Lewenswetenskappe:

Die doelstellings van die vak is:
Die ontwikkeling van 'n insig in die betekenis van die samesnoerende temas in Biologie deur die aanleer van toepaslike feite, begrippe en veralgemening.

Dit sluit in:
1) 'n begeerte om meer te wete te kom van natuurverskynsels;
2) 'n begeerte om self waar te neem en om selfstandig te ondersoek;
3) 'n besef van die feit dat kennis onvolledig is en sal verander;
4) 'n verantwoordelikheidsin ten opsigte van die natuur en die bewaring van natuurlike bronne;
5) 'n begeerte om oorspronklike en verbeeldingryke denke te ontwikkel; en/ die ontwikkeling van 'n gewaarwording van, en eerbied vir die Skepping en die fauna en flora van Suid-Afrika.