Afrikaans

Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal is 'n belangrike komponent van Nico Malan se akademiese pakket.

Nie alleen word hier gestreef na uitmuntende resultate nie, maar 'n liefde vir die vak en taal word ook deur toegewyde en bekwame leerkragte by die leerders gekweek.

Leerders kry die geleentheid om aan Olimpiades en Taalbond-eksamens deel te neem. Hulle word geslyp om met gemak hul woord in redenaarskompetisies en debatte te doen. Skryfskole en deelname aan skryfkompetisies is ook nie onbekend aan die leerders nie.