IT/RTT:

Algemene inligting

Die rekenaarsentrum van Hoërskool Nico Malan dateer vanaf Januarie 1995 toe die eerste 25 rekenaars onder leiding van wyle mnr. Wessel Bornman aangekoop is. Aanvanklik is slegs klasse in Rekenaargeletterdheid aangebied. Rekenaarstudie word vanaf 1997 as vak aangebied tot 2007. Rekenaartoepassingstegnologie is in 2006 ingefaseer met die eerste Graad 12's wat in 2008 hul eksamens aflê.

Rekenaartoepassingstegnologie konsentreer op die gebruik van kantoorpakette soos Microsoft Word, Excel en Access asook 'n teoretiese komponent. Vanaf 2013 sal basiese webtuistes ook geskep word met gebruik van HTML.

Iniligtingstegnologie het ook 'n teoretiese komponent, maar sluit ook progamering in. Leerders word in Graad 10 blootgestel aan programering d.m.v Scratch, en vorder dan tot by Delphi. Bo en behalwe hierdie

Die rekenaarsentrum bestaan tans uit drie goed toegeruste lokale met 110 rekenaars. Die rekenaarlokale beskik elk oor 'n laserdrukker, aftaster, data-projektor, asook permanente ADSL internet toegang. Die rekenaars beskik oor die nuutste sagteware. Al drie rekenaarlokale word ten volle benut. In 2011 het ongeveer 350 leerders neem RTT of IT as vak geneem.

Die aantal leerders wat inskryf vir die ICDL (International Computers Driving Licence) neem steeds toe en meer as 30 leerders het verlede jaar die sewe modules voltooi en hulle sertifikate ontvang. Daar is tans meer as 60 leerlinge wat besig is om hierdie kwalifikasie te verwerf. Vir enige navrae kan Mnr. Van Kampen gekontak word.

Aansoeke vir Inligtingstegnologie 2013

Graad 9- leerders wat in 2013 Inligtingstegnologie as vak wil neem, moet 'n inleidende kursus in Delphi voltooi gedurende die laaste helfte van 2012. Besonderhede hieroor asook die nodige aansoekvorms is by die rekenaarsentrum beskikbaar. Hierdie leerders moet ook 'n vaardigheidstoets aflê gedurende die loop van die vierde kwartaal ten einde gekeur te word vir die kursus. Leerlinge moet ook Wiskunde as vak neem ten einde te kwalifiseer om Inligtingstegnologie te neem.